NWU Institutional Repository

Afrikaanse jeugtaal: 'n ondersoek na die taalgebruik van bruin jeugdiges

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Die interaksie tussen linguistiese variasie, sosiale betekenis en die evolusie en ontwikkeling van die linguistiese sisteem self is waarna Tagliamonte (2006:5) verwys as variasie-sosiolinguistiek. Die impak van sosiale en linguistiese faktore op taalvariasie en -verandering is van belang vir variasie-sosiolinguiste (Hadei, 2020:3). Eckert (2018) maak 'n onderskeid tussen drie strominge van variasiestudies, en beklemtoon dat die derde stroming meer aandag gee aan die betekenis van variasie in plaas van grootskaalse stedelikeopnamestudies of etnografiese studies van plaaslike dinamika, wat in die vorige strominge voorgekom het. Hierdie studie beoog om linguistiese variasie te bespreek vanuit 'n derdestromingbenadering tot variasiestudies, wat gebaseer is op die praktykgemeenskappe wat in die skoolomgewing gevind word.Hoërskool is 'n sosiale plek vir interaksies sowel as om akademies uit te blink vir baie bruin jeugdiges. Die benutting van grammatikale variante deur sprekers in verband met die ontwikkeling van sosiale identiteite in die opvoedkundige omgewing word in hierdie studie bestudeer. Hierdie studie fokus op 'n groep leerders by 'n township-skool (Noordwes-provinsie)in die noordoostelike dele van Suid-Afrika. Sosiolinguistiese onderhoude is met leerders van verskeie sosiale groepe (soos klevaas, moegoes en draadsitters) van 16-21-jariges gevoer nadat hulle waargeneem is in die skoolomgewing. Hierdie studie fokus op sewe (7) Afrikaanse grammatikale verskynsels: besitskonstruksie (hom/sy), genitiewe se met voornaamwoorde (onse/ons), werkwoordkonstruksies (gehet/gehad en is (was)/wees) en idiosinkratiese verskynsels: ongewone meervoudsvorme (huise/huis), wisselvorme van versamelnaamwoord (goeterse/goete), e-klankbyvoeging (beginne/begin). Hierdie spesifieke linguistiese veranderlikes is om twee redes gekies: aangesien grammatikale verskynsels sosiaal opvallend is en sosiale betekenisse het wat met die frekwente gebruik daarvan geassosieer word, het hierdie studie ten doel gehad om te bepaal tot watter mate die verskillende variante gebruik word. Aan die een kant het Saal en Lawrence (2019) onder meer bevind dat hierdie grammatikale verskynsels geassosieer word met tieners se (geskrewe) taalgebruik; en aan die ander kant het Marais (2005) se studie, wat wit tieners uit die noordoostelike dele van die land ingesluit het, nie die taalgebruik van bruin jeugdiges in haar studie verreken het nie. Die linguistiese variasie wat in hierdie studie ondersoek is, word dus gebruik om die leemtes in die literatuur aan te vul oor die (gesproke) taalgebruik van bruin jeugdiges vanuit die noordoostelike dele van Suid-Afrika.As alles saamgevat word, kan verskeie variasiemetodes 'n meer omvattende en geïntegreerde sosiolinguistiese analise verskaf, soos hierdie studie demonstreer. Deur deelnemers te identifiseer en te klassifiseer in hul toepaslike sosiale groeperings, is waarnemings en anekdotiese rekords gebruik om beskrywende data oor die verskillende sosiale groeperings te verskaf. Ten einde die kenmerkende grammatikale verskynsels van deelnemers op grond van hul sosiale groeperings vas te stel, is individuele onderhoude daarna gevoer. Wat linguistiese variasie in hierdie township-skool betref, voer ek aan dat leerders se stilistiese gebruik van hierdie linguistiese praktyke sosiaal en geslagtelik gemerk is. Byvoorbeeld, die veranderlike ons was 'n sosiale merker, wat deur die moegoes gebruik is. En wat geslag betref, het die seuns wees en beginne verkies, terwyl voorkeur gegee is aan is (was) en begin deur die meisies.

Sustainable Development Goals

Sustainable Cities and Communities

Description

Thesis (M.A. (Afrikaans and Dutch))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2025.

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By