NWU Institutional Repository

"Bloed" (uit Melk): Tuiskoms in Afrika

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Record Identifier

Abstract

'n Groot gedeelte van Elsa Joubert se vroeë oeuvre word tematies oorheers deur die wyse waarop die mens van Afrika telkens nuwe insigte vorm omtrent die werklikheid van diepgeankerde wortels in verskillende wêrelde: Europa, Afrika en die Ooste. Om "aan die een kant 'vasgebind' te wees aan jou eie mense, aan jou vaderland, jou volk, en om aan die ander kant 'n persoonlike morele kompas te volg wat wegwys van 'n uitsluitende en onderdrukkende nasionalisme", is 'n spanning wat Willie Burger (2016:523) as sentraal in Joubert se oeuvre beskou. Die waarheid dat 'n individu verskeie identiteite kan hê, wisselend in prominensie oor die verloop van tyd heen en na gelang van hoe daardie individu beleef dat daar ingepas word binne 'n spesifieke plek- en tydkonteks (Ryan en Deci, 2003:255), word tematies goed in Joubert se skryfwerk gedemonstreer. In Ons wag op die kaptein (1963) sowel as in Bonga (1971) vind die leser die motief van die vreemdeling in Afrika. In Die nuwe Afrikaan (1975) word die reisiger se groeiende emosionele betrokkenheid by Afrika uitgespel: sy is Afrikaan van herkoms, dus van instelling; sy vereenselwig haar met die problematiek van Afrika. Teen die einde van die reis in Gordel van smarag (1997) word tot die slotsom gekom dat die Ooste "al hoe meer die derde hoek van 'n driehoek - Holland, Afrika, die Ooste - vir ons hier aan die Kaap" word (Joubert, 1997:134). Afrikaans word uiteindelik die bindende faktor tussen die drie hoeke van dié erfenisdriehoek. In hierdie taal, skryf Joubert (1997:149), "is ek nie 'n tussenlander nie. Ek is tuis in my taal, en my taal is tuis in Afrika." In die verhaal "Bloed" uit Melk (1980) gebeur die sonderlinge, naamlik die uitbeelding van die saamtrek van verskillende belewenisse van identiteit by 'n enkele karakter oor 'n tydperk van slegs vier-en-twintig uur. Met die vertrek op Hester se reis stem haar belewing ooreen met dié van die karakters in Joubert se werk in die 1960's, wat met aspekte van vreemdelingskap in Afrika gekonfronteer word. Hierdie identiteitsbele wing word egter drasties beïnvloed tydens 'n dagreis in "Bloed"; dit stem uiteindelik ooreen met dié van die karakters in Joubert se werk sedert die middel van die 1970's, waarin tekens van vereenselwiging met die mense en situasie van Afrika al hoe duideliker is.

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Meyer, S. 2021. "Bloed" (uit Melk): Tuiskoms in Afrika. In: Human, T. 2021. Elsa Joubert: Die verste grens verby. Suid-Afrika: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. pp. 91-102.

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By