NWU Institutional Repository

Intergroup conflict and employment relation wellness

dc.contributor.advisorVisagie, J.C.
dc.contributor.authorDe Jager, David Hendrik
dc.contributor.researchID10058818 - Visagie, Jan Christoffel (Supervisor)
dc.date.accessioned2009-07-28T07:48:03Z
dc.date.available2009-07-28T07:48:03Z
dc.date.issued2008
dc.descriptionThesis (M.Com. (Industrial Sociology))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2008.
dc.description.abstractIntergroepkonflik is 'n ernstige probleem vir bestuur van organisasies regoor die wêreld. Intergroepkonflik het oor tyd heen verander, maar die grondbeginsels het onveranderd gebly. Intergroepkonflik kan die organisasie so beinvloed dat werknemers hul werk wil verlaat, onder spanning gebuk gaan of onproduktief funksioneer. Intergroepkonflik lei ook tot ernstige rassespanning en diskriminasie in ondernemings. Bestuur ondervind probleme daarmee om intergroepkonflik te identifiseer en te begryp. Personeel verstaan nie die oorsake van intergroepkonflik nie en weet nie hoe om dit toepaslik te hanteer nie. Intergroepkonflik kan tot so 'n ernstig vlak ontwikkel word dat dit die Indiensnemingverhoudinge tussen groepe in die onderneming kan beskadig. Die probleemstelling van die studie is die volgende: Disfunksionele intergroepkonflik kan die werking van die organisasie so beïnvloed dat dit goeie indiensnemingverhoudinge kan belemmer. Die volgende is die doelwitte van die navorsingstudie: - Om intergroepkonflik te definieer en te evalueer aan die hand van 'n Literatuurstudie. - Om werknemers se ervaring van intergroepkonflik te bepaal. - Om die oorsake en bronne van intergroepkonflik te bepaal. - Om die profiel van die individue wat intergroepkonflik op dieselfde vlak ervaar, te bepaal. - Om die korrelasie tussen die ervaring van intergroepkonflik en indiensnemingverhoudinge-welstand te bepaal. Die navorsingstudie bestaan uit 'n teoretiese en empiriese raamwerk. Hoofstuk 1 behels die inleiding, probleemstelling, navorsingsvrae, doelwitte en die metode en doel van die ondersoek. Hoofstuk 2 behels die manifestering van intergroepkonflik asook die Realistiesekonflik-teorie. In Hoofstuk 3 word intergroepkonflik en indiensnemingverhoudinge-welstand bespreek en geevalueer. In Hoofstuk 4 word die empiriese data en navorsingsresultate bespreek. In Hoofstuk 5 word die resultate van die navorsingstudie bespreek en voorstelle en aanbevelings vir verdere navorsing word ook aan die hand gedoen.
dc.description.thesistypeMasters
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/2091
dc.publisherNorth-West University
dc.subjectOrganisasies
dc.subjectBestuur
dc.subjectKonflik
dc.subjectIntergroepkonflik
dc.subjectIntergroepkonflik-bronne
dc.subjectTipe intergroepkonflik
dc.subjectGroepe
dc.subjectSpanne
dc.subjectIntergroepverhoudinge
dc.subjectDisfunksionele en funksionele konflik
dc.subjectIndiensnemingsverhoudinge
dc.titleIntergroup conflict and employment relation wellnessen
dc.typeThesisen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
dejager_davidh(1).pdf
Size:
17.9 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: