Die gereformeerd-skolastieke visie op die verhouding tussen God en mens by F. Gomarus (1563-1641) en J. Arminius (1560-1609): 'n histories-filosofiese ondersoek
| dc.contributor.author | Van der Walt, Barend Johannes | |
| dc.contributor.researchID | 10169628 - Van der Walt, Barend Johannes | |
| dc.date.accessioned | 2013-01-31T14:14:42Z | |
| dc.date.available | 2013-01-31T14:14:42Z | |
| dc.date.issued | 2011 | |
| dc.description.abstract | Hierdie artikel ondersoek die fi losofi ese voorveronderstellings wat die grondslag vorm van die Dordtse Leerreëls, wat in 1619 deur die Sinode van Dordt (1618-1619) aanvaar is as antwoord op die leer van Arminius en sy Remonstrante navolgers. (Dit bou voort op ander navorsing van die skrywer in ander tydskrifte, waar die Dordtse Leerreëls reeds in besonderhede geanaliseer is.) Die artikel fokus op die probleem van goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid as 'n kernprobleem by hierdie Sinode (waar dit veral oor goddelike uitverkiesing en verwerping gegaan het). Ter inleiding bied dit 'n karakteristiek van die Gereformeerde-skolastieke sintesedenke van destyds as fi losofi ese stroming en ook die tipe fi losofi e wat dit behels het. Wat laasgenoemde betref, het dit 'n hele kompleks van idees ingesluit: 'n besondere wetsidee, suiwer kosmologiese denke, vertikale gedeeltelike universalisme, 'n dualistiese ontologie en 'n digotomistiese antropologie. Hierna volg 'n analise van die denke van twee belangrike fi gure by Dordt, naamlik F. Gomarus en J. Arminius. Hoewel hulle as verteenwoordigers van die twee opponerende standpunte by Dordt beskou word, blyk dit dat hulle tot 'n groot mate dieselfde skolastiese fi losofi e gehuldig het. Die enigste verskil kom eers op antropologiese vlak na vore: Gomarus was 'n semi-mistieke denker en Arminius 'n Platoniese empiris. Hierdie fi losofi ese verskil het egter groot teologiese implikasies gehad. Net so verrassend is die feit dat hierdie twee Christendenkers se fi losofi e presies dieselfde was as die fi losofi ese konsepsies wat die voor- Christelike denker, Aristoteles, gedurende twee van die laaste fases van sy ontwikkelingsgang gehuldig het. Hierdie "fi losofi ese mynveër" van die onbybelse "landmyne" onder die teologiese oppervlakte van Dordt lewer dus die volgende gevolgtrekking: Die botsing by Dordt was nie primêr tussen die Bybelse visie (van die Gereformeerdes) en 'n onbybelse dwaalleer (van die Remonstrante) nie. Dit was ten diepste 'n stryd tussen twee verskillende Aristoteliese fi losofi eë, wat in die Skrif ingelees en só as Bybels gesanksioneer is. | |
| dc.identifier.citation | Van der Walt, B.J. 2011. Die gereformeerd-skolastieke visie op die verhouding tussen God en mens by F. Gomarus (1563-1641) en J. Arminius (1560-1609): 'n histories-filosofiese ondersoek. The Journal of Humanities/Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(3):269-288. [http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_serial&pid=0041-4751&lng=en&nrm=iso] | en_US |
| dc.identifier.issn | 0041-4751 | |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/8036 | |
| dc.identifier.uri | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_serial&pid=0041-4751&lng=en&nrm=iso | |
| dc.language.iso | other | en_US |
| dc.publisher | Suidi-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns | en_US |
| dc.subject | Synod of Dordt (1618-1619) | en_US |
| dc.subject | F. Gomarus (1563-1641) | en_US |
| dc.subject | J. Arminius (1560-1609) | en_US |
| dc.subject | relationship God-humans | en_US |
| dc.subject | Pelagianism | en_US |
| dc.subject | Platonic philosophy | en_US |
| dc.title | Die gereformeerd-skolastieke visie op die verhouding tussen God en mens by F. Gomarus (1563-1641) en J. Arminius (1560-1609): 'n histories-filosofiese ondersoek | en_US |
| dc.type | Article | en_US |
Files
Original bundle
1 - 1 of 1
Loading...
- Name:
- Gereformeerdskolasties v51n3a01.pdf
- Size:
- 132.88 KB
- Format:
- Adobe Portable Document Format
- Description:
