NWU Institutional Repository

DIE VERPLEEGKUNDEDOSENT AS MOTIVERINGSFASILITEERDER VAN DIE VERPLEEGKUNDESTUDENT

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Hierdie navorsing spruit uit die waarnerning dat verpleegkundestudente se motiveringsvlakke stelselmatig afneem deur die loop van die B.Cur.-kursus. Die navorser het by herhaling waargeneem dat die motivering waarrnee eerstejaarstudente hul opleiding begin, geleidelik gedurende die vier jaar van hul studies afneem tot so 'n mate dat hulle teen die tyd dat hulle in hul finale studiejaar kom, oor feitlik geen motivering vir hul studies meer beskik nie. Al wat hulle nog wil bereik, is om bloot net die kursus te voltooi. In die literatuur word akaderniese prestasie of vordering in verband gebring met motivering. In die lig hiervan word die siening in hierdie navorsing gehuldig dat die verpleegkundedosent 'n definitiewe rol het om te vertolk ten opsigte van die fasilitering van motivering by die verpleegkundestudente. Die doel van hierdie navorsmg was enersyds om ondersoek in te stel na die verpleegkundedosente en -studente se beskrywing van die vlakke van motivering in verskillende jaargroepe, asook na hul siening van die rol en verwagtinge van die verpleegkundedosent as motiveringsfasiliteerder. Andersyds het die navorsing ten doel gehad om riglyne daar te stel om die verpleegkundedosent toe te rus om, as deel van die leerbegeleidingsfunksie, op te tree as motiveringsfasiliteerder van verpleegkundestudente. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gevolg met verkenning en beskrywing van die boverrnelde aspekte as doel, en wel binne die konteks van 'n bepaalde universiteit. Doelgerigte, vrywillige steekproefnernings is toegepas vir die seleksie van deelnemers aan fokusgroepe. Die fokusgroeptegniek 1s as metode van navorsmg aangewend. Serni-gestruktureerde onderhoudskedules is tydens fokusgroepe gebruik. 'n Literatuurstudie het as begronding van die onderhoudskedules gedien. 'n Onafhanklike onderhoudvoerder is gebruik vir data-insameling. 'n Onafhanklike medekodeerder is vir kodering en 'n konsensusgesprek by data-analise betrek. Veldnotas is ook geneem. Die navorsingsresultate is deur rniddel van 'n literatuurkontrole bevestig. Die resultate wat spruit uit die fokusgroep met verpleegkundedosente dui daarop dat die dosente bewus is van die verpleegkundestudente se lae vlakke van motivering, asook van verskeie faktore wat daartoe bydra. Die verpleegkundedosente dui ook aan dat hulle graag as motiveringsfasiliteerders van die verpleegkundestudente wil optree, maar is onseker oor die strategiee hieraan verbonde. Die resultate vanuit die fokusgroepe met die verpleegkundestudente dui voorts daarop dat, behalwe vir entoesiasme aan die begin van die kursus en 'n aantal faktore wat studente motiveer, die studente deurgaans lae vlakke van motivering toon. Die resultate dui 'n gebrek aan intrinsieke motivering aan, wat spruit uit die sterk fokus van die studente op eksteme faktore as oorsaak van lae motivering. Aanbevelings vir verpleegnavorsing, -praktyk en -onderrig word in die laaste hoofstuk van die navorsingsverslag aangebied. Die gebied van verpleegonderrig was die fokus van hierdie navorsing. Riglyne is daarom saamgestel waardeur die verpleegkundedosent toegerus kan word om as motiveringsfasiliteerder van die verpleegkundestudent op te tree, om die uitbreiding van 'n ondersteuningstelsel vir die verpleegkundestudente te bewerkstellig en om intrinsieke motivering of inteme lokus van beheer by die studente te bevorder. Enkele ander temas waardeur motivering bevorder kan word, is ook gei'dentifiseer, naamlik die vestiging van 'n kenverhouding met die studente, beskerming van die studente teen uitbranding, realistiese doelwitstelling, voorbereiding van die verpleegkundestudent op die realiteit van die B.Cur.kursus en sosio-ekonomiese en kulturele aanpassings van die student.

Sustainable Development Goals

Good Health and Well-being, Quality Education

Description

Thesis (M.Cur. (Nursing))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2001.

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By