Opvoeding vanuit ʼn post-postfundamentistiese perspektief
Loading...
Date
Authors
Van der Walt, Johannes L.
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Record Identifier
Abstract
Opsomming
Dit het 'n aanvaarde feit onder opvoedkundiges en opvoeders geword dat daar 'n sekere verband tussen die opvoeder se lewens- en wêreldbeskouing en sy of haar pedagogiese teorie en praktyk bestaan. Daar het egter 'n paar probleme opgeduik sedert die opkoms van die postfundamentisme, wat beskou kan word as 'n reaksie teen Verligtingsfundamentisme. Post-postfundamentisme het ook betreklik onlangs sy verskyning gemaak in reaksie teen sowel die fundamentisme as die postfundamentisme, ook deur sommiges die postmodernisme genoem. Aangesien hierdie drie benaderings tot opvoeding en onderwys gelyklopend skyn te wees, vind opvoedkundiges en opvoeders dit moeilik om keuses te maak met betrekking tot hulle benadering tot opvoeding en onderwys. Op grond van 'n vergelyking tussen hierdie drie breë benaderings word die gevolgtrekking bereik dat die mees onlangse ontwikkeling, naamlik die post-postfundamentisme, die geskikste benadering vir opvoeders sal wees, aangesien dit daarop gemik is om die tekortkominge van die fundamentisme sowel as die postfundamentisme te omseil.
Sustainable Development Goals
Description
Citation
Van der Walt, J.L. 2014. Opvoeding vanuit ʼn post-postfundamentistiese perspektief. Litnet akademies. 11(2): 450-468. [http://reference.sabinet.co.za.nwulib.nwu.ac.za/sa_epublication/litnet]
