NWU Institutional Repository

The use of retirement annuities as an estate planning tool

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Harris, Aletta Magdalena

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Hierdie navorsing ondersoek die gebruik van 'n uittree annuiteit as 'n boedelbeplanninginstrument. Die boedelbeplanningstrategie word in die vorm van 'n gevallestudie bespreek waar die trust inter vivos in ooreenstemming met 'n uittree annuiteit vergelyk word. Die vraag wat beantwoord moet word is of 'n uittree annuiteit as 'n alternatief gebruik kan word om groei in 'n persoonlike boedel te beperk vir boedelbelasting doeleindes. In konvensionele boedelbeplanning rig die oprigter 'n trust inter vivos op waarna bates aan die trust verkoop word om die bate uit die boedel te verwyder en sodoende verdere groei in sy persoonlike boedel te beperk. Die enigste oorblywende bate in die boedel is die rentevrye lening welke steeds 'n bate is vir boedelbelastingdoeleindes. Trusts inter vivos het ook in die afgelope tyd in egskeidingsgedinge en in sake waar die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrokke is baie aandag geniet vanweë die misbruik en wanadministrasie van trusts. In die verlede is uittree annuiteite hoofsaaklik gebruik as deel van 'n kliënt se finansiële beplanning vir besparing van inkomstebelasting en om die kliënt se aftreefondse aan te vul. Die wetgewer het in die laaste twee jaar aansienlike veranderings aangebring aan die Wet op Egskeidings 70 van 1979, die Wet op Pensioenfondse 24 van 1956, Inkomstebelastingwet 58 van 1962 asook die Boedelbelastingwet 45 van 1955, wat die wyse waarop boedelbeplanners na uittree annuiteite kyk heelwat verander het. Die navorsing ondersoek die administrasie, kostes, die impak wat egskeiding, insolvensie en valuta beheer op beide inter vivos trusts en uittree annuiteite het, asook die belastingimplikasies is op beide van hierdie instrumente. Die slotsom is dat die uittree annuiteit wel met groot sukses as 'n boedelbeplanningsinstrument gebruik kan word aangesien dit tot 'n besparing in eksekuteursfooie, boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting lei. Dit is egter 'n instrument wat nie vir elke persoon wat 'n boedelbelasting probleem het voorgestel kan word nie.

Sustainable Development Goals

Description

Thesis (LL.M. (Estate Law))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2011.

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By