Pedagogical guidance for South African consumer studies education
Loading...
Date
Authors
Du Toit, Adri
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
Record Identifier
Abstract
Verbruikerstudie, wat as vak in Suid-Afrikaanse hoërskole aangebied word, het die potensiaal om betekenisvol by te dra tot die ontwikkeling van entrepreneuriese kennis en vaardighede in leerders. Hoewel hierdie vak kompleks en uniek is, bestaan daar onvoldoende pedagogiese leiding vir onderwysers wat Verbruikerstudie aanbied. Die vergelyking van die Verbruikerstudiekurrikulum met verskeie internasionale kurrikula het bevind dat volop pedagogiese leiding bestaan vir vergelykbare en verwante internasionale vakke. 'n Indiepte literatuursoektog is onderneem om vas te stel watter pedagogiese rigtinggewers byeengebring kan word vir Suid-Afrikaanse Verbruikerstudie-onderrig vanuit verwante internasionale vakke. Verskeie aspekte wat gebruik kan word as grondslag vir die samestelling van breë pedagogiese riglyne vir Verbruikerstudie-onderrig is geïdentifiseer ten opsigte van fundamentele beginsels, die onderrigbenadering, en voorkeur onderrigleer strategieë wat in die vak gebruik behoort te word. Daar word aanbeveel dat pedagogiese leiding aan Verbruikerstudie-onderwysers beskikbaar gestel behoort te word en dat verdere navorsing gedoen behoort te word om pedagogie vir Verbruikerstudie te verfyn.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
Du Toit, A. 2014. Pedagogical guidance for South African consumer studies education. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 42(1):47-58. [http://hdl.handle.net/10520/EJC163026]
