NWU Institutional Repository

Die ontwikkeling van 'n herstellendegeregtigheidsprogram as vernuwende benadering tot die hantering van uitdagende leerdergedrag in Suid-Afrikaanse skole

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Liebenberg, Erna
Hay, Johnnie
Reyneke, Roelf

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LitNet

Record Identifier

Abstract

"Uit die literatuur blyk dit dat die strafgerigte benaderings wat tans nog oorwegend in skole gebruik word, nie voldoende is vir die bekamping van eskalerende dissiplineprobleme en die ontwikkeling van verantwoordelike gedrag by leerders nie. In hierdie artikel word ondersoek hoe die filosofie en kernelemente van die herstellende geregtigheidsbenadering saamgevat kan word in 'n skoleprogram wat as alternatief vir of aanvulling tot die strafgerigte benadering kan dien. Die huidige situasie met betrekking tot uitdagende gedrag en bydraende faktore daartoe word eerstens in die artikel uiteengesit. Daarna volg 'n bespreking van die verskillende benaderings wat gebruik word om dissiplineprobleme in skole te hanteer. Teen dié agtergrond, en in die lig van die behoefte aan 'n alternatiewe of aanvullende benadering, word die herstellendegeregtigheidsbenadering as 'n moontlike oplossing bespreek. Die verloop en die waarde van internasionale implementering van hierdie benadering word as bydraende agtergrondkennis vir die implementering van 'n soortgelyke program in Suid-Afrikaanse skole bestudeer, terwyl die geskiktheid van skole as ruimtes waarbinne die implementering kan plaasvind, ondersoek word. Die grootste gedeelte van die artikel handel oor die basiese elemente van die herstellende benadering wat in 'n skoleprogram ingesluit behoort te word. Die vestiging van waardes, ontwikkeling van emosionele intelligensie en veerkragtigheid, die gebruik van herstellende kommunikasie, die uitbou van verhoudings, en die vestiging van omgee-omgewings word bespreek as moontlike praktyke om nie net uitdagende gedrag te bekamp nie, maar op die lange duur ook tot gesonde gemeenskappe by te dra. Die artikel sluit af met 'n voorgestelde implementeringsprogram."

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Liebenberg, E. et al. 2016. Die ontwikkeling van n herstellendegeregtigheidsprogram as vernuwende benadering tot die hantering van uitdagende leerdergedrag in Suid–Afrikaanse skole. Litnet Akademies, 13(2):435–468. [ URL ]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By