NWU Institutional Repository

Die invloed van 'n stimuleringsprogram op die geïnstitusionaliseerde verstandelik vertraagde

dc.contributor.advisorGouws, L.A.
dc.contributor.authorBadenhorst, Johanna Carolina
dc.date.accessioned2020-10-22T12:20:18Z
dc.date.available2020-10-22T12:20:18Z
dc.date.issued1977
dc.descriptionThesis (MA Psigologie)--PU vir CHOen_US
dc.description.abstractNavorsing wat reeds onderneem is rondom die probleme van die verstandelik vertraagde kan bestempel word as relatief min, terwyl nog minder ondersoeke gedoen is spesifiek na die geinstitusionaliseerde verstandelik vertraagde. Die rede daarvoor kan enersyds toegeskryf word aan 'n gebrek aan die nodige fond se en andersyds aan 'n vooropgestelde, soms fatalistiese houding naamlik dat die probleem van so 'n aard is dat remediering met die hoop op uiteindelike herstel tog nie moontlik is nie. Dit wil voorkom asof die verstandelik vertraagde se intellektuele ontoereikendheid (wat dan ook meestal met 'n skamele I.K.-syfer aangedui word) so op die voorgrond tree dat daar met die res van sy/haar totale menswees nie genoegsaam rekening gehou word nie. In hierdie ondersoek sal dan gepoog word om te konsentreer op die oorgeblewe potensiaal van die verstandelik vertraagde, in plaas van om die klem bloot te laat val op sy/haar sub-nonnale verstandsvermoens. Die doel van hierdie ondersoek is om vas te stel of 'n groep van tien redelik ernstig verstandelik vertraagde kinders van die Witrand-Inrigting te Potchefstroom beduidende verskille openbaar tussen toetsing voor onderwerping aan 'n stimuleringsprogram en hertoetsing na onderwerping daaraan vir die duur van ongeveer nege maande. Ten einde die hele mens te betrek, sal met 'n verskeidenheid van fasette rekening gehou word, soos sosiale rypheid, motoriesvisuele vermoens, mensbeeld, verstandsvermoe en begripsvorming (perseptuele herkenning). Hierdie ondersoek sal hopelik verdere date lewer wat mag lei tot 'n herwaardering van die omstandighede waaraan die meerderheid van geinstitusionaliseerde verstandelik vertraagdes onderwerp word, dit wil se waar die hoofklem op die versorging van die fisiese val. Hoewel die resultate verkry met hierdie ondersoek nie omvangryk genoeg is vir veralgemening na die normale bevolking nie, kan dit tog lig werp op: *die belangrikheid van potensiaalbenutting selfs (of veral!) by die verstandelik vertraagde; *die behoefte aan, en reaksie op stimuleringsprogranme; *die probleme/oorweginge by die konstruering van optimale stimuleringsprogranme; *die probleem van institusionalisering; *die belangrikheid van spanwerk tussen medici, klinici, op= voedkundiges, maatskaplike werkers/-sters, ens.en_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36006
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.titleDie invloed van 'n stimuleringsprogram op die geïnstitusionaliseerde verstandelik vertraagdeen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Badenhorst_J.C..pdf
Size:
6.77 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: