Studieoriëntasie en basiese woordeskat in wiskunde in die laerskool
Loading...
Date
Authors
Van Der Walt, Martha
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Record Identifier
Abstract
Relatief min navorsing is in Suid-Afrika gedoen met betrekking tot Graad 4- tot 7-leerders se ontoereikende prestasie in wiskunde. Gedurende die afgelope 15 jaar fokus navorsing op onder meer die invloed van sosiale, kognitiewe en metakognitiewe, konatiewe en affektiewe fasette op prestasie in wiskunde. Drie gestandaardiseerde vraelyste, naamlik die Studieoriëntasievraelys in Wiskunde (Primêr), die Wiskundewoordeskat (Primêr) en die Basiese Wiskunde (Primêr), is ingeskakel. Die doel van hierdie studie was om ondersoek in te stel na die mate waartoe prestasie in studieoriëntasie (SOW(P)), én kennis van basiese woordeskat in wiskunde (WW(P)) van Graad 4- tot 7-leerders hul prestasie in wiskunde (BW(P)) voorspel. Graad 4- tot 7-leerders in Noordwes (n = 1 103) het aan die studie deelgeneem. Resultate van die data, wat deur die berekening van interkorrelasies en stapsgewyse regressie-analise bekom is, dui daarop dat leerders se prestasie in wiskunde in die praktyk voorspel/verklaar kan word uit hul prestasie betreffende kennis van basiese woordeskat, wiskundeangs, studiehouding en studiegewoontes in wiskunde. Indien onderwysers leerders se ontoereikende studieoriëntasie en kennis van woordeskat in wiskunde in die vroeë skooljare kan identifiseer, is dit moontlik dat eersgenoemde voorkomend sou kon onderrig en/of remedieer ten einde laerskoolleerders se prestasie in wiskunde te verbeter.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
VAN DER WALT, M. 2009. Studieoriëntasie en basiese woordeskat in wiskunde in die laerskool. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 28(Special Edition 4):378-392, Dec. [http://www.journals.co.za/ej/ejour_aknat.html]
