NWU Institutional Repository

White maize futures contracts in South Africa

dc.contributor.advisorVan Heerden, J.H.P.
dc.contributor.authorKrugel, Louisa Jacoba
dc.date.accessioned2009-02-04T09:18:01Z
dc.date.available2009-02-04T09:18:01Z
dc.date.issued2003
dc.descriptionThesis (M.Com. (Economics))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2004.
dc.description.abstractProdusente van landboukommoditeite, veral in ontwikkelende lande, word blootgestel aan prysrisiko's. Markte vir landboukommoditeite in Suid-Afrika, soos in die res van die wêreld, is die afgelope aantal jare gekenmerk deur prosesse van deregulering. Die bemarkingsrade wat aanvanklik verantwoordelik was vir die bemarking van landbouprodukte, het ontbind en produsente van landbouprodukte moes nuwe metodes vind om hulle produkte te bemark. Een van die metodes wat gebruik word, is termynkontrakte. Witmielies en geelmielies is die twee landboukommoditeite wat in die grootste hoeveelhede geproduseer word in Suid-Afrika. Witmielies en geelmielies word as twee afsonderlike kommoditeite verhandel op die termynbeurs. Witmielies word hoofsaaklik aangewend vir menslike verbruik en geelmielies vir dierevoer. Hierdie studie fokus hoofsaaklik op witmielies. Die prys van mielies word beïnvloed deur veranderinge in die vraag daarna en aanbod daarvan. Faktore wat die vraag en aanbod van mielies beïnvloed is, onder andere, oesskattings, reënval, die wisselkoers en die pryse van mielies op die buitelandse mark, veral die markte in die VSA. In Suid-Afrika vorm die invoerpariteit en uitvoerpariteit 'n band waarbinne die prys van mielies varieer. Die doel van hierdie studie is om 'n regressievergelyking te konstrueer ten einde prys van die witmielietermynkontrakte te verklaar. Die regressie-analise word deur middel van 'n foutherstellende model met outoregressiewe foutterme behartig. Die regressie-analise slaag daarin om die prys van witmielietermynkontrakte te verklaar.
dc.description.thesistypeMasters
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/340
dc.publisherNorth-West University
dc.subjectWhite maize futures contract pricesen
dc.subjectSouth Africaen
dc.subjectAR-error processen
dc.titleWhite maize futures contracts in South Africaen
dc.typeThesisen

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
krugel_lj.pdf
Size:
3.79 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: