NWU Institutional Repository

n Fisiologiese ondersoek van die invloed van verwestering op die hantering van akute stres by Vendamans

dc.contributor.advisorMalan, N.T
dc.contributor.authorVan der Merwe, Johanna Susann
dc.date.accessioned2026-08-25T14:12:33Z
dc.date.issued1990
dc.descriptionThesis (M.Sc. (Physiology))--North-West University, Potchefstroom campus, 1990.
dc.description.abstract'n Fisiologiese ondersoek rakende die invloed van verwestering tydens die hantering van akute stressituasies deur onverwesterde Vendamans, in vergelyking met verwesterde Venda- en blankemans, is van stapel gestuur. Soos wat verstedeliking toeneem, neem verskeie probleme (maatskaplik en rakende siektetoestande) ook toe. Die onvermoe om situasies suksesvol te hanteer, kan tot stres lei en die voorkoms van verskeie "Westerse" siektes, soos byvoorbeeld hipertensie, diabetes en kanker kom ook toenemend onder Westerlinge voor. n Nuwe metode om kardiovaskulere reaktiwiteit te bereken, word in hierdie studie voorgestel. In die literatuur word kardiovaskulere reaktiwiteit aangetoon as 'n risikofaktor in die ontwikkeling van hipertensie (Anderson, 1989). Die voorgestelde reaktiwiteitsindekse korreleer met die kardiovaskulere, endokrinologiese en kliniese beeld van die proefpersone. Die Vendagroepe het veral op die "Crawford Small Parts Dexterity Test" (C.S.P.D.T.) gereageer, wat aktiewe hanteringsmeganismes van die proefpersone vereis . Die stedelike (verwesterde) Vendas het, wanneer blootgestel aan beide die C.S.P.D.T. en die koue pressortoets, grater kardiovaskulere reaktiwiteit en duidelike endokrinologiese veranderinge getoon. 'n Westerse lewenswyse wat duidelik 'n kontras vorm met tradisionele gebruike, kan stres en konflik veroorsaak wat aanleiding gee tot 'n grater vatbaarheid vir "Westerse" siektes, soos byvoorbeeld hipertensie. Die voorkoms van hipertensie en sterftes as gevolg van hipertensie, is aan die toeneem onder die stedelike swart bevolking van Suid-Afrika (Seftel et al., 1980). Baie min is nog bekend oor die reaksies van swartes in Suid-Afrika ten opsigte van stressituasies en nog minder is bekend oor hul psigologiese persepsies van situasies. Wanneer in ag geneem word dat daar twintig miljoen stedelike swartes in Suid-Afrika sat wees teen die jaar 2000 (Swart & Oosthuizen, 1978:22), is dit belangrik om meer te wete te kom aangaande hul tradisionele lewenswyses en hul lewenswyses in tipiese Westerse gemeenskappe, soos byvoorbeeld in die groat stede. 'n ldeaal is om aanbevelings te kan maak oor die behandeling en voorkoming van "Westerse" siektes.
dc.description.sponsorshipMediese Navorsingsraad (MNR)
dc.description.sustainableGood Health and Well-being
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/47328
dc.language.isoother
dc.publisherNorth-West University
dc.titlen Fisiologiese ondersoek van die invloed van verwestering op die hantering van akute stres by Vendamans
dc.typeThesis

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Van der Merwe, Johanna Susann_1990.pdf
Size:
5.74 MB
Format:
Adobe Portable Document Format

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: