NWU Institutional Repository

Sosiale Darwinisme as grondliggende wêreldbeskouing tot immorele politieke leierskap in Suid Suid-Afrika : ʼn Christelik Christelik-etiese beoordeling

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South-Africa)

Record Identifier

Abstract

Die Bybel word tradisioneel deur Christene as die onfeilbare Woord van God gesien. Daarin word duidelike vereistes vir leierskap gestel wat insluit dat God van leiers verwag dat hulle nederig, eerlik, en verantwoordelik moet wees. Dit raak hoe langer hoe meer duidelik dat heelparty politici en maghebbers in Suid-Afrika hulself aan immorele leierskap skuldig maak. Hul optrede strook nie met God se verwagting van leiers nie. By hierdie leiers word egter meer as gewone ongehoorsaamheid gevind. Koning Dawid was ongehoorsaam, maar het tot bekering gekom, en die straf van God aanvaar (vgl. 2 Sam. 12), maar in plaas van bekering, word korrupsie en immoraliteit deur hierdie hedendaagse leiers regverdig of verdoesel. Dit kom dus voor asof hier meer is as net ongehoorsaamheid, ook meer as net gewone korrupsie. Saam met korrupsie wat duidelik nie as verkeerd beskou word nie, is ook ʼn tipe hoogmoed in optredes te bespeur. Hoe hierdie politici hulself en hul rol in die samelewing beskou word ondersoek en ʼn paradigma word getoets om hierdie fenomeen te begrond, ten einde toepaslike remedies te kan voorstel. Sosiale Darwinisme, die toepassing van die teorieë van Charles Darwin op die mensdom, blyk so ʼn moontlike paradigma te wees. Hierdie studie ondersoek die moontlikheid van 'n sosiaal Darwinistiese wêreldbeskouing as bydraende faktor tot hierdie immorele leierskap.

Sustainable Development Goals

Description

ThM (Etiek), North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By