Verbruikerstudie-onderwysstudente se affektiewe ervarings tydens projekgebaseerde leer
Loading...
Date
Authors
Du Toit, Adri
Havenga, Marietjie
Van der Walt, Marthie
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS
Record Identifier
Abstract
Die implementering van projekgebaseerde leer het die potensiaal om affektiewe faktore in studente positief te ontwikkel wat selfgerigte lewenslange leer kan bevorder. Lewenslange leer is 'n sleutelvereiste vir onderwysers om relevant kundig in hulle vakgebied te bly, asook om aan die vereistes te kan voldoen wat aan leerders en onderwysers in die 21ste eeu gestel word. Dit is veral belangrik vir onderwysers wat Verbruikerstudie, 'n dinamiese en waardevolle vak in Suid-Afrikaanse skole, aanbied. Die bevordering van selfgerigte lewenslange leer as deel van die opleiding van Verbruikerstudie-onderwysstudente is dus noodsaaklik. Verskillende affektiewe faktore, byvoorbeeld motivering, dra by tot die bevordering van leer wat ontwikkel kan word deur die keuse van gepaste onderrig-leerstrategie'. Affek kan leer deur geheueprosesse, leerprosesse, aandagspan, ervarings en motivering be'nvloed. 'n Gevallestudie is onderneem om ondersoek in te stel op welke wyse projekgebaseerde leer in �n opleidingsprogram vir Verbruikerstudie-onderwysstudente bydra tot die ontwikkeling van affektiewe faktore en hoe dit hulle leer bevorder. Studente wat vir 'n Verbruikerstudieopleidingsprogram geregistreer is, is as deelnemers geselekteer en data is deur middel van oop vraelyste, weeklikse refleksie, asook fokusgroep- en individuele onderhoude ingesamel. Die bevindinge bevestig dat die toepassing van projekgebaseerde leer bygedra het tot die bevordering van verskeie affektiewe faktore, maar in die besonder motivering, die waarde wat die studente aan leer heg, asook die ontwikkeling van 'n positiewe houding jeens leer. Hierdie affektiewe faktore dra by tot die ontwikkeling en bevordering van positiewe leerervarings. Ontwikkelaars van voorbereidingsprogramme vir Verbruikerstudie-onderwysstudente sou hierdie inligting kon implementeer ter versterking van sulke programme. Verdere navorsing kan gedoen word aangaande die verband tussen projekgebaseerde leer en ander affektiewe faktore wat leer kan ondersteun in Verbruikerstudie-onderwysersopleiding.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
Du Toit, A. et al. 2016. Verbruikerstudie-onderwysstudente se affektiewe ervarings tydens projekgebaseerde leer. South African Journal for Science and Technology = Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 35(1):1-9. [http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1362]
