NWU Institutional Repository

Die opsporing van plagiaat in grafiese gebruikerskoppelvlakprogrammeringsopdragte

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Die voorkoms van en toename in plagiaat in programmeringskursusse is 'n kommerwekkende saak vir akademiese instellings. Die vinnige ontwikkeling in tegnologie en Internettoegang lei tot die bestaan van eenvoudige en slinkse maniere vir studente om programmeringsopdragte te plagieer. Die doel van hierdie studie is om die omvang van plagiaat in grafiese gebruikerskoppelvlakprogrammering te bepaal, met die oog op aanbevelings en riglyne aangaande programkodeplagiaat. Studies aangaande plagiaat in konsoleprogrammering bestaan, maar geen studie wat spesifiek fokus op plagiaat in grafiese gebruikerskoppelvlakprogrammering kon gevind word nie. Die literatuurstudie ondersoek plagiaat en programkodeplagiaat, asook verskeie tegnieke en algoritmes wat deur geoutomatiseerde plagiaatherkenningstelsels gebruik word. Eerstens word ondersoek ingestel na plagiaat in die algemeen: die definisie, vorms, redes en metodes. Vervolgens word programkodeplagiaat gedefinieer en die verskeie metodes van verdoeseling van programkodeplagiaat word beskryf. Laastens word plagiaatherkenningstelsels bespreek, waar verskeie klassifikasies en benaderings van plagiaatherkenningstelsels beskryf word. Die empiriese ondersoek se doel was om die omvang van plagiaat in programmeringsopdragte te ondersoek, asook om huidige programkodeplagiaat-herkenningstelsels te evalueer. Die analisering van die vraelys se resultate het aangedui dat die grafiese gebruikerskoppelvlakstudente verstaan wat plagiaat behels, asook die gevolge daarvan, maar plagiaatgevalle kom steeds voor. Daar is gevind dat die vrouestudente, die studente wat Turnitin ken, dié studente wat goeie tydsbestuur toepas, die Swart respondente en die studente wat hul eie akademiese prestasie tussen 0%-49% beoordeel, aandui dat hulle oor meer kennis beskik en beter ingelig is oor plagiaat. Teenstrydigheid aangaande die aanvaarbaarheid van plagiaat is vanuit die kwalitatiewe data verkry wat aandui dat die studente onder mekaar verskil ten opsigte van plagiaat; dit wil sê of dit reg of verkeerd is. Die top tegnieke wat deur die studente gebruik word om programkodeplagiaat te verdoesel is die verandering van die veranderlikes se name, kommentaar en die uitleg van die program (GGK). Vanuit die kwalitatiewe data het 'n nuwe verdoeselingstegniek na vore gekom, naamlik om die volgorde van die kode te verander. Die tegnieke wat die studente hoofsaaklik gebruik om kode aan medestudente te verskaf is om 'n foto van die programkode te neem en oor sosiale media te stuur of om die programmeringsopdrag op 'n geheuestokkie te laai. Ses programkodeplagiaatherkenningstelsels, naamlik AntiCutAndPaste Software Plagiarism detection software (ACNP), CodeMatch®, Copy/Paste Detector (CPD), JPlag, Measure of Software Similarity (MOSS) en Simian is geselekteer op grond van die vereistes dat die stelsels die programmeringstaal C# ondersteun en gratis beskikbaar is. Die stelsels se werking, vaardighede en opsporingsgehalte is geëvalueer deur tien plagiaatverdoeselingsmetodes wat uit die literatuur na vore gekom het in die programkode toe te pas. Die resultate van die evaluering van die stelsels het aangedui dat die programkodeplagiaatherkenningstelsels CodeMatch®, JPlag en CPD aanbeveel kan word vir die ontbloting van programkodeplagiaat in grafiese gebruikerskoppelvlakprogramme.

Sustainable Development Goals

Description

MSc (Computer Sciences), North-West University, Potchefstroom Campus

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By