Die versekerde se openbaringsplig rakende die risiko by uitvoerkontrakte
| dc.contributor.advisor | Stander, A.L. | |
| dc.contributor.author | Heyns, J.B. | |
| dc.contributor.researchID | 10190465 - Stander, Anita Leonie (Supervisor) | |
| dc.date.accessioned | 2018-10-09T13:03:52Z | |
| dc.date.available | 2018-10-09T13:03:52Z | |
| dc.date.issued | 2018 | |
| dc.description | LLM (Import and Export Law), North-West University, Potchefstroom Campus | |
| dc.description.abstract | In die studie is die openbaringsplig na sluiting van die versekeringskontrak geïnterpreteer. Daar is 'n vergelykende studie gedoen tussen Suid-Afrika, Australië en die Verenigde State van Amerika om die skrywer in die posisie te plaas om 'n weegskaal te tref tussen die lande en moontlike aanbevelings te maak. Verder sal die skrywer dan ook in die posisie wees om aanwysings te stel in verband met hierdie onderwerp wat hy van mening is in die Suid-Afrikaanse reg geïnkorporeer te word. Hoofstukke twee tot vyf hanteer die Suid-Afrikaanse versekeringsreg posisie deeglik. In hoofstuk twee word die risikovereiste1 -- 'n essensiële kenmerk van 'n versekeringskontrak -- ontleed. Dit is belangrik om van meet af aan kennis te neem daarvan dat die versekerde nie versekeringsdekking vir die regsobjek uitneem nie -- dit is wel die subjek van die versekering. Die versekeringsdekking word uitgeneem vir die beskerming van die versekerde se belang wat hy in hierdie regsobjek het. Soos vroeër bepaal, is risiko een van die belangrikste elemente van 'n versekeringskontrak. Dit is egter noodsaaklik dat daar oor die risiko, die risikovoorwerp en die gevaar duidelikheid is omdat dit die versekeraar se aanspreeklikheid bepaal. Om die versekeraar in die posisie te plaas om desnieteenstaande die risiko te bepaal, moet die versekerde alle wesenlike inligting openbaar.3 Die Suid-Afrikaanse versekeringsreg plaas 'n swaar openbaringsplig op die versekerde om alle wesenlike inligting aan die versekeraar te openbaar. Die openbaringsplig wat op die versekerde rus, is deliktueel van aard, omrede daar nog geen kontrak bestaan nie. Indien alle wesenlike inligting nie openbaar word nie, kan die versekeraar aanspreeklikheid ontken. In Suid-Afrika word versekeringskontrakte nie van gewone kontrakte onderskei nie, en word versekeringskontrakte ook as bonae fidei bestempel. Die bona fides-vereiste verplig die versekerde asook die versekeraar om in goeie trou op te tree. Hoofstuk vier gaan verder deur te bepaal of daar daadwerklik steeds 'n openbaringsplig na kontraksluiting is. Om die vraag so volledig moontlik te beantwoord, is daar in hierdie geval gekyk na voorbeelde van die nuutste regspraak sowel as na Suid-Afrika se versekeringsreg. Kortom is die antwoord dat daar nie 'n openbaringsplig is na kontraksluiting nie. Derhalwe moet elke saak op sy eie meriete beoordeel word. Die bedoeling met hierdie stelling is dat die posisie wat in klip vervat is, kan verander. Die posisie kan verander as die risiko verhoog of verander. Wanneer dit gebeur, is dit besonder noodsaaklik dat die versekerde dit openbaar. In ag genome die bogenoemde is daar in onlangse regspraak beslis dat daar wel 'n openbaringsplig op die versekerde is na kontraksluiting, mits die versekeringskontrak so 'n openbaringsklousule bevat. In hoofstuk ses en sewe geniet die versekeringsreg van Australië5 en die Verenigde State van Amerika6 aandag. Hierdie twee lande klassifiseer versekeringskontrakte as uberrimae fidei. Daar word in dié lande tussen gewone kontrakte en versekeringskontrakte onderskei. 'n Versekeringskontrak word dus as hoogste goeie trou bestempel. Sekere akademici is van mening dat die plig voortduur vir die hele termyn waarin die "verhouding" tussen die versekerde en versekeraar bestaan. My opinie is dat Australië se versekeringsreg geraadpleeg moet word soos vereis deur artikel 39 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Australië se Insurance Contract Act, 1984 tref die beste ewewigskaal vir beskerming tussen die versekerde en versekeraar. In die Insurance Contract Act, 1984 word daar uitdruklik bepaal dat die voornemende versekerde van sy openbaringsplig skriftelik in kennis gestel moet word. Dit bied ook goeie beskerming aan die leek wat nie kennis dra van so 'n plig nie, sowel as aan die versekeraar dat die versekerde dit nie as 'n verweer kan opper dat hy nie geweet het hy moet sekere inligting openbaar nie. In Australië word die uberrima fides-vereiste van die openbaringsplig onderskei, dus dra dit die gevolg dat daar net 'n openbaringsplig is tot sluiting van die versekeringskontrak. Die regsposisie ten opsigte van die openbaringsplig en die toets vir wesenlikheid in Australië en van Suid-Afrika stem tot 'n mate ooreen. Dus, as die versekeraar die openbaringsplig van krag wil hou, moet hy -- soos in Suid-Afrika -- dit in 'n klousule binne die versekeringskontrak bevat. | en_US |
| dc.description.thesistype | Masters | en_US |
| dc.identifier.uri | https://orcid.org/ 0000-0002-8687-5304 | |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10394/31322 | |
| dc.language.iso | other | en_US |
| dc.publisher | North-West University | en_US |
| dc.subject | Billikheid | en_US |
| dc.subject | Bona fides | en_US |
| dc.subject | Uberrima fides | en_US |
| dc.subject | Onsekere gebeurtenis | en_US |
| dc.subject | Openbaarmakingsplig | en_US |
| dc.subject | Risiko | en_US |
| dc.subject | Versekeraar | en_US |
| dc.subject | Versekerde | en_US |
| dc.subject | Versekering | en_US |
| dc.subject | Versekeringsdekking | en_US |
| dc.subject | Versekeringskontrak | en_US |
| dc.subject | Wesenlikheid | en_US |
| dc.title | Die versekerde se openbaringsplig rakende die risiko by uitvoerkontrakte | en_US |
| dc.type | Thesis | en_US |
Files
Original bundle
1 - 1 of 1
Loading...
- Name:
- Heyns_JB.pdf
- Size:
- 518.01 KB
- Format:
- Adobe Portable Document Format
- Description:
