NWU Institutional Repository

Quintilianus as vertolker van die pedagogiese denke van sy tyd

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Aanvanklik is in vergelykende studie van Cicero en Quintilianus se opvoedkundige beskouings as 'n moontlike tema oorweeg, maar later het die gedagte al sterker begin posvat om Quintilianus se opvoedkundige denke nie alleen met die opvattinge van sy voorganger, Cicero, te vergelyk nie, maar om dit veral ook aan die kontemporere opvoedkundige denke van die eerste eeu n. C. te toets. Die doel van hierdie studie is dus om te probeer vas stel in hoe verre Quintilianus as 'n vertolker van die pedagogie se denke van sy tyd beskou kan word. Die uiteindelike doel van hierdie ondersoek regverdig eerstens 'n kort oorsig van die eerste eeu n. C. - die tydperk waarin Quintilianus geleef en gewerk het. Aangesien dit die eeu van heersers soos Nero, Vespasianus en Domitianus was, kan die politieke agtergrond van hierdie onstuimige tydperk nie sonder meer oor die hoof gesien word nie. Daar Rome vinnig besig was om 'n kosmopolitiese stad te word, oorweldig deur vreemde invloed van buite, sou selfs 'n oppervlakkige ontleding van die sosiale omstandighede tog die onderwerp verder kon toelig. In die lig van die politieke omstandighede van hierdie tydperk, sal daar ook kortliks na die invloed van die beperkte politieke vryheid op die letterkunde verwys moet word. Die eerste eeu n. C. sou beste mpel kon word as in oorgangstydperk: die oorgang van Republiek na Principaat wat sekere veranderinge op verskillende terreine, onder meer ook die onderwys, teweeggebring het. Veral die opvoedkundige agtergrond van hierdie eeu sal uiteraard onontbeerlik vir 'n uiteensetting van die pedagogiese denke van Quintilianus se tyd wees. Tweedens sal gepoog word om nie alleen die ou Romeinse opvoedingsideaal nie, maar veral ook die kontemporere opvattinge oor die opvoedingsdoel in Quintilianus se tyd te karakteriseer. In hierdie verband sal daar ook vasgestel moet word in welke mate hy getrou aan die antieke Romeinse ideaal was al dan nie. Verder sal die wysgerige, sedelike, staatkundige, lite rere, psigologiese en godsdienstige grondslae van Ouintilianus en sy tydgenote ook behandel moet word. Die belangrikheid van die inhoud en organisasie van die opvoeding regverdig die insluiting van 'n hoofstuk - oor die leerplan en onderwysstelsel. 'n Belangrike oogmerk van hierdie studie is 'n ondersoek na die rol wat Quintilianus in die metodiek van die eerste eeuse onderwys gespeel het. Sy siening van die opvoeder en opvoedeling sal die beskouinge van sy tydgenote in die regte perspektief stel. Ten slotte leen die onderwerp hom daartoe om Ouintilianus se plek in die onderwys van die eerste eeu n. C. te probeer bepaal en om aan te dui in watter mate hy daarin geslaag het om die verskillende uiteenlopende opvattinge, wat in sy opvoedkundige denke gekulmineer het, te verwerk en te vertolk.

Sustainable Development Goals

Description

MA, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By