NWU Institutional Repository

Die geskiedenis van Krugersdorp, 1887-1900

Abstract

Die studie-onderwerp het, wat indringing en beskikbaarheid van literatuur betref, baie probleme opgelewer. Die sekondere bronne materiaal was uiters ontoereikend en dit was moeilik om 'n geheelbeeld te kon vorm van sake soos die gemeenskapslewe, die bevolkingsamestelling, die fisiese ontwikkeling en die kultuurlewe. Die probleem is verder bemoeilik deurdat die stukke van die gesondheidskomitee wat seker die meeste inligting oor die ontstaan en ontwikkeling van die dorp vervat het, verlore geraak het. Ongeordende dokumente in die argiefgroepe, Krugersdorp, het die navorsingstaak verder bemoeilik sodat hierdie geskiedenis van Krugersdorp nie aanspraak op volledigheid kan maak nie. Om enigsins aan die onderwerp reg te laat geskied, kon daar nie net op die dorp gekonsentreer word nie; maar moes die onderwerp ook benader word vanuit die invloed wat sekere gebeurtenisse aan die Witwatersrand op die dorp gehad het. Daar moes gevolglik aandag aan sake gegee word soos die ontwikkeling van die goudvelde, die Jame soninval, die uitlandervraagstuk en die gespanne verhoudinge tussen Brittanje en die Z.A.R. aan die vooraand van die Anglo-Boereoorlog. As gevolg van gebre kkige navorsings resultate is hoofsaaklik van 'n tematie se indeling van die onderwerp gebruik gemaak en is dit aangepak langs die weg van 'n uitbeelding van die ontstaansgeskiedenis, die dorpsgroel, kultuur en sport en is daar met die einde van die Republikeinse bewind afgesluit.

Sustainable Development Goals

Description

Thesis (MA)--PU vir CHO

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By