NWU Institutional Repository

Die bankettema in die Ilias van Homeros : 'n metodologiese studie rakende die vorm en funksie van die bankettoneel as struktuurelement in die orale epos

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Die vertrekpunt van hierdie ondersoek was die hipotese dat die bankettema kragtens sy eiesoortige aard die geleentheid hied vir 'n analise van die wyse waarop strukturele en inhoudelike elemente funksioneer in die komposisie van die Ilias, gesien as orale epos. Die ondersoek van die formele opset van die bankettoneel bevestig in hooftrekke die bevindings van Parry en andere in verband met die orale karakter van die Ilias: die lae frekwensie van noodsaaklike enjambement, die hegte tematiese netwerk en die diepgaande formulere struktuur wat in die bankettema geopenbaar word, karakteriseer juis die orale komposisietegniek. En tog bring die gegewens in verband met die bankettema 'n betekenisvolle verskil van die resultate van voorafgaande ondersoekers aan die lig. Struktureel-tematiese studie van die Ilias is naamlik tot op hede hoofsaaklik afgestem op die hooftema, dit wil se die strydtema, en dit het die resultate op 'n besondere wyse beinvloed. Die feit dat die hooftema die grondigste vasgele is in die formele tradisie beteken dat dit min variasie toelaat in die uitbeelding van individuele tonele en laat die indruk dat die formele struktuur absoluut allesoorheersend is.

Sustainable Development Goals

Description

MA (Grieks), North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By