NWU Institutional Repository

Die gebruik van die metadiskoerskategorie “bewyse” as voorvereiste vir suksesvolle argumentatiewe skryfwerk op tersiêre vlak

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Jordaan, Adéle
Meintjes, Zanétte

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

South African Association for Language Teaching (SAALT)

Abstract

Hierdie artikel werp lig op die gebruik van Hyland (2004:139) se metadiskoerskategorie “bewyse” in eerstejaar-universiteitstudente se akademiese, argumentatiewe skryfwerk. ʼn Kwasi-eksperimentele navorsingsontwerp is gebruik ten einde kwantitatiewe data in te samel rakende die invloed wat ʼn intervensie sal hê op die deelnemers se gebruik van en verwysing na bronne volgens die Noordwes-Universiteit se amptelike verwysingstyl. Ten einde eties om te gaan met akademiese bronne, is dit belangrik dat studente reeds vroeg in hulle universiteitsloopbaan bewus gemaak behoort te word van die erkenning van bronne wat in tekste geraadpleeg word. ʼn Handontleding en vergelyking van twee korpora, bestaande uit 109 tekste elk (woordtotale van onderskeidelik 54 586 en 56 151), is gedoen. Daar is bevind dat, ten spyte van die beperkte hoeveelheid tyd wat aan die onderrig van die metadiskoerskategorie “bewyse” afgestaan is, dit wel ʼn positiewe invloed het op die erkenning van bronne en die korrekte verwysing daarna volgens die Harvardstyl.

Description

Citation

Jordaan, A. & Meintjes, Z. 2015. Die gebruik van die metadiskoerskategorie “bewyse” as voorvereiste vir suksesvolle argumentatiewe skryfwerk op tersiêre vlak. Journal for language teaching (Saalt Journal for language teaching), 49(1):281–305. [http://dx.doi.org/10.4314/jlt.v49i1.11]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By