NWU Institutional Repository

n Ondersoek en evaluering van die huidige instandhouding logistieke steunstelsel van 'n chemiese vervaardigingsonderneming

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

In hierdie hoofstuk is daar gepoog om te wys op die interafhanklikheid van die instandhoudingbestuur en voorraadbestuur van die instandhoudingvoorraad. Deur middel van 'n stelselbenadering tot instandhoudingbestuur is dit moontlik om voorraadbestuur van instandhoudingvoorraad beter te vers taan. Verder speel die rekenaar 'n baie belangrike rol deurdat dit die bestuurspan in staat stel om tersaaklike inligting maksimaal te gebruik ten einde 16 verhoogde winsgewendheid van die onderneming te vertoon. Volgens Mitchell (1987 :44) is dit noodsaaklik dat daar samewerking tussen die instandhoudingsdepartement, magasyndienste en aankopedienste moet wees . Daarby moet die materiaalbestuurstelsel geintegreerd met die instand￾houdingbestuurstelsel funksioneer sodat hul onderskeie doelwitte bereik kan word. Adam & Ebert (1989:474) onderskei houdi ngsonderdele - beplanningstelsel tussen en 'n 'n instandhouding logistieke ondersteuningstelsel. instand￾reaktiewe 'n Reaktiewe stelsel gaan oor "Wat moet ek nou doen?", terwyl 'n beplanningstelsel gaan oor "Wat gaan ek benodig in die toekoms? Hoeveel gaan ek benodig en wanneer gaan ek dit benodig?" Daar moet dus aandag gegee word aan onderdelebestuur, onderdele-aankope, koordinasie van onderdelebeskikbaarheid en beheer oor die verbruik van onderdele.In hierdie hoofstuk is sekere metodes en praktiese begins els betrokke by die voorraadbestuur van instandhoudingsonderdele bespreek. Eerstens is daar gepoog om te wys hoe die voorlopige beleid ten opsigte van onderdele bepaal kan word deur middel van die ontleding en klassifikasie van onderdele en die daaruit voortspruitende bepaling van die voorraadbeheerpeile. Verder bestaan daar sekere praktiese konsepte wat sonder veel moeite deurdie bestuurspan gebruik kan word om die proses te verbeter. Die rekenaar is 'n kragtige instrument tot die beskikking van die bestuur om sekere moeilik kwantifiseerbare konsepte te evalueer.In hierdie hoofstuk is daar gepoog om die belangrikheid van finansiele beheer oor die fondse wat in 'n instandhouding logistieke steunstelsel geinvesteerte word te beklemtoon. Sekere metodes en praktiese beginsels is bespreek en beheer maatreels, wat deur bestuur gebruik kan word, is aangedui. Fondse is die voedingsaar van enige onderneming en is dus onderworpe aan streng kontrolemaatreels.Soos gesien kan word uit bogenoemde instruksies, gaan dit meer oor die fisiese hantering van instandhoudings￾onderdele en enkele kostebesparingsaksies. Die werklike beheer oor voorraad as 'n belegging word glad nie bespreek nie.Die teorie rakend die wye reeks aspekte betrokke by die bestuur van 'n logistieke steunstelsel is van nader beskou en sekere beginsels is in die bree neergele. Met die teorie as onderbou is 'n evaluering van die huidige instandhouding logistieke steunstelsel gedoen. Wat betref die dokumentasie oor die beheer van 'n logistieke steunstelsel, is daar leemtes gevind omdat die 88 geskrewe bestuursriglyne nie altyd alomvattend en duidelik uiteengesit is nie. In die bespreking is slegs die basiese riglyne aangeraak. 'n Aanlegregister, toerustingkatalogus en voorraadkatalogus funksioneer doelmatig, maar geen beheer word toegepas om te verseker dat inligting op datum of toepaslik is nie. Verder is daar opgemerk dat daar nie werklik enige sprake is van voorraadbeheerpeile nie. Die beheer oor die voorraadvlakke vind hoofsaaklik op 'n informele, tyd-tottyd-basis plaas. Periodiek word daar gelet op voorraadvlakke en voorraadbewegings instandhoudingsonderdele. Daarvolgens word geneem om voorraadvlakke te verminder."Each spare part requires its own inventory policy and in a sense an individual problem of control." (Kelly, 1989:105) Bogenoemde stelling onderstreep die problematiek verbonde aan die bestuur en beheer van 'n instandhouding logistieke steunstelsel. Hierdie studie het getoon dat daar wel beginsels en riglyne bestaan wat deur 'n bestuurspan gebruik kan word om optimale benutting van noodsaaklike kapitaal te verkry.

Sustainable Development Goals

Industry, Innovation and Infrastructure

Description

Thesis, (MBA)-- North-West University, Potchefstroom, 1993.

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By