NWU Institutional Repository

Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Record Identifier

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om aspekte van spel as artistieke aktiwiteit in die hede (dit wil sê binne 'n bepaalde periode en sosiale kontekste) te verken, asook die wyse waarop die spelbeginsel en die spelende mens in die literatuur manifesteer. Die fokus is op spesifieke gekose onlangse Afrikaanse literêre tekste, naamlik Die sneeuslaper (2009) van Marlene van Niekerk, asook Etienne van Heerden se Klimtol (2013) en Eben Venter se Wolf, Wolf (2013), want ten spyte van ooglopende verskille is spel en die spelende mens 'n definitiewe gemene deler. Die artikel bied eerstens 'n oorsig oor enkele opvattings en filosofiese redenasies ten opsigte van die denkbeeld van spel met betrekking tot die kunswerk / literêre teks in die algemeen, en poog terselfdertyd om 'n paar kenmerke van spel toe te lig. Tweedens word die spelbeginsel in die genoemde literêre tekste ondersoek en gekontekstualiseer, terwyl insgelyks aandag geskenk word aan die kunsteoretiese opvattings wat met spel verband hou van die betrokke skrywer. Benewens die poëtikale speletjies word daar in die onderskeie tekste ook sosiale, politieke en psigologiese speletjies gespeel. Daar word voorts aangetoon dat die spelende mens in die tekste wat verken is, telkens verband hou met die idee van relasionaliteit, hetsy in positiewe of negatiewe verband. Die implikasies van die spelbeginsel vir die leser word ook in die ondersoek betrek, want die spelbeginsel het terselfdertyd betrekking op die verhouding teks-leser en dwing vir die leser leserbetrokkenheid af juis vanweë die erns van die spel.

Sustainable Development Goals

Description

Citation

Nel, A. 2015. Spel en die spelende mens in Die sneeuslaper (Marlene van Niekerk), Klimtol (Etienne van Heerden) en Wolf, Wolf (Eben Venter). Litnet Akademies, 12(1):180-205. [http://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By