The associate between stunting and overweight among 10 to 15 year-old children in the North West Province
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa)
Record Identifier
Abstract
Hi erdie skripsie ondersoek die verhouding tussen belemmerde groei en oorgewig. Hier-die stud ie is van besonderse belang vir Suid-Afrika aangesien ons land tans 'n voed-ingsoorgang beleef (Sawaya et al ., 1998). Die spesifieke doel van die navorsing is om die verhouding tussen belemmerde groeien oorgewig onder 10-15 jarige kinders van die Noordwes Provinsie in Suid-Afrika teondersoek en sekere voorkomingsmaatreels voor te stel. Die ondersoek was deel van die dwarsdeursnit THUSA BANA studie (beteken "Help die Kinders" in Setswana) wat die THUSA projek opgevolg het. Die bogenoemde projek was ontwerp om die probleem van oorgewig en obesiteit onder skoolkinders tussen die ouderdom van 10 en 15 jaar in die Noordwes Provinsie te ondersoek. Die stud ie was multidisipliner van aard en is meegemaak deur voedingkundiges, fisioloeen sielkundiges wat elk op eie gebied data ingewin het. 'n Ewekansige steekproef bestaande uit 10-15 jaar oue skoolkinders (aantal kinders n = 1257) is getrek en inligting omtrent die deelnemers is ontleed en ge-rapporteer. Vraelyste is ontwerp deur gebruik te maak van loodsstudies en veldwerkers is opgeleiom die vraelyste wat in die vorm van demografiese en antropometriese data vorms en fisieseaktiwiteitsverslae opgestel is, te voltooi. Die metings het tydens skoolure plaasgevind. Antropometriese veranderlikes wat gemeet is, is trisepsvelvoue, middel bo-armomtrek, abdomenomtrek, liggaamsmassa, liggaamsmassa-indeks en som van die velvoue. Belemmerde groei is beskryf as die lengte benede die vyfde persentiel per ouderdom soos in die National Center for Health Statistics (NCHS)-tabel vervat. Ook die beskrywing van oorgewig en obesiteit gegee in Cole (2000) was gebruik. Die maatstaf van oorgewig en obesiteit het met 'n volwasse LMI van 25 en 30, onderskei- delik, ooreengestem. Die resultate het bevestig dat 'n klein persentasie (19 %) van die bevolking wat in die studie deelgeneem het belemmerde groei getoon het. Hierteenoor was 7.9 % van die studiebevolking oorgewig en obese. Boonop was 'n selfs kleiner persentasie beide oorgewig en groeibelemmerd of obese en groeibelemmerd. Dus, was die voorkoms van oorgewig en obesiteit met belemmerde groei onder 10-15 jarige skoolkinders statisties baie laag. In kontras met die situasie in verskeie gebiede in antler ontwikkelende lande, was daar geen dramatiese toename in die voorkoms van belemmerde groei en oorgewig of belemmerde groei en obesiteit onder 10-15 jaar oue kinders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika nie. Nietemin het ons studie die belangrikheid van die daarstelling van spesifieke intervensies vir groepe wat die risiko loop om oorgewig en groeibelem- merd of swaarlywig en groeibelemmerd te wees, uitgewys. Verdere navorsing moet gedoen word om die meganismes wat betrokke is by die ontwikkeling van hierdie gesondheidsprobleem uit te klaar.
Sustainable Development Goals
Good Health and Well-being
Description
Thesis (MSc. (Dietetics))-- North-West University, Potchefstroom Campus, 2002.
