NWU Institutional Repository

Die toelaatbaarheid van intieme visentering van die liggaam van 'n gearresteerde persoon

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Du Toit, Pieter Gerhardus

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Juta

Record Identifier

Abstract

Hierdie bydrae ondersoek die vraag of die intieme visentering van die liggaam van 'n gearresteerde persoon, in die besonder die fisiese ondersoek van die liggaamsholtes, deur die Strafproseswet 51 van 1977 veroorloof word. Die vraag word ondersoek teen die agtergrond van die onlangse uitspraak van die Oos-Kaapse hoë hof, Grahamstad in Yanta v Minister of Safety and Security (2013 JDR 1378 (OKG)). Alvorens hierdie saak bespreek word, word die verskillende moontlike vorme van deursoekings van die liggaam van 'n persoon, asook die toepaslike voorskrifte van die Strafproseswet 51 van 1977 wat in dié verband geïnterpreteer moet word, kortliks vermeld. Na afloop van die saakbespreking, sal die posisie kragtens die Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998, asook in enkele buitelandse regstelsels vermeld word. Aandag sal gegee word aan die voorskrifte van die Police and Criminal Evidence Act van 1984 van Engeland en Wallis, die Duitse Strafprozeßordnung (StPO), asook die Nederlandse Wetboek van Strafvordering (Sv). Hierdie wetgewing bevat bepalings wat sinvol deur die Suid-Afrikaanse wetgewer geraadpleeg kan word om die huidige onbevredigende regsposisie, soos wat uitgewys sal word, te oorkom.

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Du Toit, P.G. 2014. Die toelaatbaarheid van intieme visentering van die liggaam van 'n gearresteerde persoon. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg, 3:639-648. [http://journals.co.za/content/ju_tsar/2014/3/EJC156513]

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By