NWU Institutional Repository

Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek

dc.contributor.authorViviers, Etienne
dc.contributor.researchID28721306 - Viviers, Etienne
dc.date.accessioned2018-07-04T09:11:17Z
dc.date.available2018-07-04T09:11:17Z
dc.date.issued2017
dc.description.abstractHierdie artikel bespreek die bevraagtekening van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek binne Suid-Afrika sedert die afskaffing van wetlike apartheid, meer spesifiek in 'n konteks waar die dringende kwessie van dekolonisering reeds-gevestigde "nuwe" Suid-Afrikaanse ideologieë soos versoening en transformasie toenemend verplaas. Met hierdie artikel se vraag oor wat dekolonisering vir die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek beteken, word daar gekyk na 'n openbare diskoers waarin hierdie musieksoorte alreeds lank van Eurosentrisiteit beskuldig word of andersins in 'n krisisliteratuur teen daardie bevraagtekening verdedig word. Ondersoek word ingestel na die koloniale nalatenskap van Westerse kunsmusiek, internasionaal en in Suid-Afrika, met die doel om te bepaal in watter mate hierdie ingevoerde musieksoort as vreemd of tuis op Suid-Afrikaanse bodem gereken kan word. Daar word veral gefokus op die Amerikaanse musikoloog Richard Taruskin se idee dat Westerse kunsmusiek 'n vorm van musikale kolonialisme verteenwoordig wat die skepping van ersatz nasionale kunsmusiekstyle aanmoedig. Dit lei tot 'n vraag en bespreking, aan die hand van Frantz Fanon se skrywe oor nasionale kultuur, oor of dekoloniale kunsmusiekkomposisie in Suid-Afrika herskeppend nasionaal of eerder idiolekties van aard moet wees. Die soeke in hierdie geval is na 'n breër en meer omvattende definisie van Suid-Afrikaanse kunsmusiek, maar ook na weë vir Suid-Afrikaanse kunsmusiek om aan die huidige dekoloniseringsgesprek deel te neem.
dc.identifier.citationViviers, E. 2017. Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek. Litnet Akademies, 14(2):301-325. [https://www.litnet.co.za/]
dc.identifier.issn1995-5928
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/28173
dc.language.isoother
dc.publisherLitNet
dc.subjectDekolonisering
dc.subjectEurosentrisiteit
dc.subjectFanon
dc.subjectFrantz
dc.subjectidiolekte
dc.subjectkolonialisme
dc.subjectnasionale kultuur
dc.subjectnasionalisme
dc.subjectSuid-Afrikaanse kunsmusiek
dc.subjectTaruskin
dc.subjectRichard
dc.subjectwelstand
dc.subjectWesterse kunsmusiek
dc.titleOorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek
dc.typeArticle

Files