NWU Institutional Repository

'n Ondersoek na die wisselwerking tussen sommige ekologiese faktore en die bevolkings van Simulium damnosum Theobald en Simulium nigritarsis coquillet [Simuliidae : Diptera] in die Vaalrivier by Parys

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

1. Simuliede is 'n ernstige plaag van diere dwarsoor die wereld, en dit tree in Suid-Afrika steeds meer op die voorgrond. 2. Ondersoek is in Suid-Afrika by die Vaalrivier ingestel na die aktiwiteit en getalsdigtheid van S. damnosum en S. nigritarsis gedurende die tydperk 1965 - 1972. 3. Wat die volwassenes betref, is die aktiwiteit en getalsdigtheid kwantitatief gemeet as die aantal eksemplare wat m. b. v. kunsmatige valle gevang is. Gelyktydig hiermee is verskeie omgewingsfaktore gemeet om vas te stel wat die invloed van sodanige faktore op aktiwiteit is. 4. 'n Onderskeid is gemaak, en aparte metings is gedoen m. b. v. verskillende soorte kunsmatige valle, tussen aktiwiteit bedags en aktiwiteit snags. 5. Die kunsmatige valle wat tydens die dag vir versameling van S. damnosum gebruik is , kan as deurbraak in ekologiese ondersoeke van die spesie beskou wor d omdat hiermee weggedoen is met die gebruik van mense of diere as lokmiddel. Genoemde valle was nie alleen suksesvol vir kwantitatiewe werk nie maar het ook 'n betroubare weergawe van werklike aanvalle op beeste gegee. 6. Sover bekend, is die aktiwiteit van volwassenes van S. damnosum gedurende die nag vir die eerste keer in hierdie ondersoek aangetoon. 7. Verskeie drumpel-, plafon- en optimumwaardes van omgewingsfaktore wat 'n in' oed op die aktiwiteit van S. damnosum en S. nigritarsis het, is bepaal. 8. Di invloed van ow gewingsfaktore en kombinasies daarvan is kwantitatief vasgestel. 9. Die grootste gedeelte van die aktiwiteitsvariasie kon verklaar word wat daarop dui dat die faktore wat aktiwiteit beinvloed almal in aanmerking geneem is. 10. '- n Geformuleer de model is daargestel wat betrouba.re voorspelling van getalle moontlik maak indien sekere omgewingsfaktore se waardes bekend is. 11. Genoemde voorspellings kan in die praktyk gcbruik word vir weidingmanipulasie of die aanwending van afweermiddels ter bestryding van die plaag. 12. 'n Ekonomiese afweermiddel is saamgestel en onder plaaslike toestande getoets. 13. Die invloed van simulied-aanvalle op beeste en hoenders is bepaal deur die verliese in melk- en eierproduksie kwantitatief te meet. 14. Simulied-aanvalle op verskillende beesrasse is ondersoek. 15. Die radius van voorkoms vanaf broeiplekke was 1 - 1, 5 km vir S. damnosum. 16. Die skade wat simulied-aanvalle op aanteelvee veroorsaak is ondersoek. 17. Die aktiwiteit en getalsdigtheid van larwes van S. damnosum en S. nigritarsis is ook kwantitatief bepaal. 18. Deur gebruik te maak van regressietegnieke kon die aktiwiteit van die larwes aan die hand van sekere fisiese en chemiese faktore van water verklaar, en die drumpel-, plafon- en optimumwaardes vasgestel word. 19. Die faktore wat 'n rol speel by die ontpopping van papies van S. damnosum en S. nigritarsis is kwantitatief bepaal en die drumpel-, plafon- en optimumwaardes is aangetoon.

Sustainable Development Goals

Description

PhD, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By