NWU Institutional Repository

Die deuteronaktivering van die eerste oorgangsreeks

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

In hierdie ondersoek is twee moderne skyfmaaktegnieke nl. molekulere platering en elektrosproei bestudeer en gebruik vir die bereiding van skywe in die molekulere vormo Die metodes kan veral suksesvol toegepas word by die bereiding van isotoop-skywe wanneer mikro-hoeveelhede skyfmateriaal beskikbaar is. Tesame met ander beproefde tegnieke soos elektroplatering en sentrifugering is skywe verkry wat aan die eksperimentele vereistes van hierdie ondersoek vol doen het en is hulle gebruik vir bestraling met deutrone. Elemente van die eerste oorgangsreeks nlo chroom, mangaan, yster, nikkel en sink is ondersoek en die opwekkingskromme van ten minste een aktiveringsreaksie van elk is bepaal. Die meeste deuteron- geinduseerde reaksies is hoogs ekso-ergies en gevolglik kan baie opgewekte kernvlakke 'n rol speel in die vorming van die radio - aktiewe produk. Aangesien die opbrengs van die produk eenvoudig die som is van die bydrae van elke opgewekte vlak kan dit verwag word dat die kerneienskappe van enige vlak nie 'n groot invloed op die gesommeerde aktiwiteit sal uitoefen nie. Dus kan dit verwag word dat die opwekkings krommes geen invloed van kernstruktuur sal toon nie. Dit is dan ook gevind dat die gemete opwekkingskrommes almal kwalitatief dieselfde vorm gehad het. Daarbenewens is die deursnit by 5,5 MeV, die hoogste energie wat in hierdie ondersoek be reikbaar was, ook nog heel wat laer as die van die maksimumwaarde wat natuurlik sal verskil van reaksie tot reaksie. Die (d , p) - reaksie is die mees waarskynlike. Dit is waargeneem dat die volgorde van die reaksiedeursnitte van verskillende kernsoorte redelik ooreenstem met die volgorde van invangsreaksies met termiese neutrone op dieselfde kerne. So 'n waarneming is nie heeltemal ve rbasend nie omdat beide hierdie reaksie s diese lfde produknuklied lewer. Die deursnit van ( d , n)-reaksies is ook groot maar ietwat kleiner as die van (d , p) - r eaksies. Dit kan dalk toegeskryf word aan polarisasie - effekte. In hierdie ondersoek is opwekkingskrornrnes opgestel vir (d , n) - reaksies op yster- 54 , nikkel- 56 en 60 asook sink-64. In die eersgenoemde geval is die verkree waardes vergelyk met die wat in 1957 verkry is (Mc 64). Die deursnitte van die ( d, n) -reaksies op ander isotope van hierdie elemente kan nie gerieflik verkry word nie. Dit is so omdat hulle produkte of geen meetbare gammastraal uitstraal nie of hulle halfleeftye so lank is dat die opbrengs uit redelike bestralingstye van selfs ure te laag is. Die uitsonderings is sink-66 en 67 wat nie hier bestudeer is nie. Die Coulombafstoting tussen 'n kern en 'n in- en uitkomende a - deeltjie is veel hoer as die van 'n proton met die gevolg dat die reaksiedeursnit van 'n (d , a) - reaksie baie kleiner is as die van ' n (d , p)-reaksie. Dit is gevind dat 50 48 die reaksiedeursnit van die reaksie Cr(d,a) V omtrent 'n faktor 20 kleiner is as die van die (d , p) - reaksie op dieselfde isotoop van chroom. Hierdie ondersoek kan voortgesit word deur bestralingsbundels met hoër energie te gebruik en 'n groter verskeidenheid van reaksies te bestudeer.

Sustainable Development Goals

Description

MSc, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By