NWU Institutional Repository

Die representasie van die Anglo-Boereoorlog in Afrikaanse romans en rolprente ná 2002

dc.contributor.advisorHuman, M.P.en_US
dc.contributor.authorMarais-Botha, R.en_US
dc.contributor.researchID13269356 - Human, Matthys Philippus (Supervisor)en_US
dc.date.accessioned2021-11-11T10:14:30Z
dc.date.available2021-11-11T10:14:30Z
dc.date.issued2021en_US
dc.descriptionPhD (Afrikaans en Nederlands), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractOngeveer honderd-en-twintig jaar na die Anglo-Boereoorlog blyk dit dat dié oorlog steeds 'n gewilde en inspirerende onderwerp vir die Afrikaanse letterkunde is. In hierdie studie word ondersoek ingestel na die wyse waarop die Anglo-Boereoorlog ná die honderdjarige herdenking daarvan in 2002, in Afrikaanse romans en rolprente gerepresenteer word. Die verhouding tussen historiografie en fiksie in rolprente sowel as romans word ondersoek. Die sleutelbegrippe wat in hierdie studie sentraal staan en deur middel van 'n literatuurstudie gefundeer word, sluit historiografie, representasie, ideologie, mite, mitologisering, demitologisering en grense in. 'n Oorsig word verskaf van reeds bestaande studies wat handel oor die representasie van die Anglo-Boereoorlog in onderskeidelik Afrikaanse romans en rolprente. Die fases wat Swanepoel (1998) in sy artikel, "Waarheid en versoening: Representasies van die Suid-Afrikaanse oorlog (1899-1902) in Afrikaanse, Engelse en Nederlandse fiksie", oor die uitbeelding van die oorlog identifiseer, dien as sentrale vertrekpunt vir hierdie studie en daar word voortdurend met dié fase-indeling in gesprek getree. Die verhaalopsomming, resepsie, omslag en titel van die gekose romans, naamlik Fees van die ongenooides (P.G. du Plessis); Sirkusboere (Sonja Loots); Kamphoer (Francois Smith); en Brandwaterkom (Alexander Strachan); asook die rolprente, Verraaiers en Modder en bloed word bespreek en moontlike sentrale temas word voorlopig uitgelig. Hierna word die literêre tendense en dominante temas wat in elk van die tekste gevind word, indringend ondersoek. Die geïdentifiseerde temas en tendense van hierdie ontleding word vervolgens gebruik om verbande tussen die tekste aan te dui, asook om die verskille en ooreenkomste met die fases van Swanepoel (1998) uit te lig. Dit word verder gebruik om 'n moontlike oorgang na 'n nuwe fase in die representasie van die Anglo-Boereoorlog in hedendaagse letterkunde te identifiseer en te benoem. Uit die bestudering van die gekose tekste blyk dit dat daar inderdaad genoegsame verskille bestaan tussen die eienskappe van Swanepoel (1998) se fases en die eienskappe wat in hedendaagse tekste aangetref word. Hierdie eienskappe sluit onder meer die volgende in: - die toenemende gebruik van die oorlog as metafoor; - 'n klemverskuiwing vanaf die kollektiewe na die individu; - 'n nuwe beskouing van slagofferskap; - kompleksiteit van die menslike psige; - algemene vervaging van grense; - gebalanseerde uitbeelding van die geskiedenis; - dubbele perspektiewe en verhaallyne; - indirekte didaktiese aard; en - insluiting van die 'ander'/ gemarginaliseerdes.
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-3293-257Xen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/37808
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectOorlog
dc.subjectAnglo-Boereoorlog
dc.subjectrepresentasie
dc.subjectfase-indeling
dc.subjectliterêre tendense
dc.subjectromans
dc.subjectrolprente
dc.subjecttranshistoriese verskynsels
dc.subjectkarakteruitbeelding
dc.subjecttrauma
dc.subjectverkragting
dc.subjectoorlewing
dc.subjectmites
dc.subjectidentiteit
dc.titleDie representasie van die Anglo-Boereoorlog in Afrikaanse romans en rolprente ná 2002en_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Marais-Botha_R.pdf
Size:
2.84 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

Collections