NWU Institutional Repository

Die relatiewe belangrikheid van enkele elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies in Rustenburg en die implikasies daarvan vir hierdie tipe kleinhandelaar

dc.contributor.advisorHavenga, J.J.D.
dc.contributor.authorKraamwinkel, Alwyn Petrus
dc.date.accessioned2022-04-21T06:12:29Z
dc.date.available2022-04-21T06:12:29Z
dc.date.issued1974
dc.descriptionMBA, North-West University, Potchefstroom Campusen_US
dc.description.abstractDie elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies is indeelbaar in twee groepe, naamlik korttermyn elemente en langtermyn elemente, dit wil se, elemente wat oor die korttermyn veranderbaar is en elemente wat net oor die langtermyn veranderbaar is. Van die elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies wat in hierdie studie in ag geneem word, is belonings, dliens en in ' beperkte mate, voorkoms van vulstasie en waar ander motorsake gedoen word, korttermyn elemente. Die langtermyn elemente, is gemak (ligging), handelsmerk petrol en in 'n beperkte mate, voorkoms van vulstasie en waar ander motorsake gedoen word. Die bevindings van hierdie studie dui duidelik aan in watter mate die langtermyn elemente onderliggend is aan die sukses van 'n vulstasie. Besluite ten opsigte van langtermyn elemente, moet met groot oordeelkundigheid geneem word, want 'n onoordeelkundige besluit ten opsigte van die elemente, kan uit die aard van die saak net oor die langtermyn reggestel word, terwyl deur aanpassings aan die korttermyn elemente, slegs in 'n baie beperkte mate gekompenseer kan word vir gebrekkige langtermyn besluite Alhoewel die daarstelling van langtermyn elemente, wat deeglik afgestem is op die verbruiker se behoeftes en voorkeure, tot 'n sekere mate ' n bepaalde markaandeel vir die betrokke vulstasie waarborg, word die volle waarde van die elemente eers gerealiseer indien die korttermyn elemente ook afgestem is op die verbruiker se behoeftes en voorkeure. Die korttermyn elemente verg voortdurend aandag van die bestuur omdat die elemente so veranderlik is oor die korttermyn en omdat die elemente 'n besliste invloed het op die gedrag van die verbruikers. Opsommend kan dit gestel word dat die daarstelling van langtermyn elemente van die bemarkingsmengsel wat afgestem is op die verbruiker se behoeftes en voorkeure, die moontlikheid skep dat die betrokke vulstasie suksesvol kan wees vir werklike sukses moet die korttermyn elemente egter ook afgestem wees op die verbruiker se behoeftes en voorkeure.en_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/38949
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.titleDie relatiewe belangrikheid van enkele elemente van die bemarkingsmengsel van vulstasies in Rustenburg en die implikasies daarvan vir hierdie tipe kleinhandelaaren_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Kraamwinkel_Alwyn Petrus.pdf
Size:
8.14 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: