NWU Institutional Repository

Onrus en geweld: 2015 (1)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Du Plessis, Wilhelmina
Olivier, Nic
Pienaar, Juanita

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

VerLoren Van Themaat Centre / UNISA Press

Record Identifier

Abstract

Xenofobie (vreemdelinggeweld) het weer sedert 2008 op groot skaal in Suid-Afrika uitgebreek (sien onder meer Tromp, Olifant en Sadives 'Kill thy neighbor: Alex attack brings home SA's shame' Sunday Times (2015-04-19) 1; Mahlangu 'Violence in Gauteng continues unabated' Sunday Times (2015-04-19) 4). Daar is blykbaar sedert 2008 reeds 357 buitelanders in Suid-Afrika vermoor (Red 'Xenofobie: syfers en statistieke' Rapport Weekliks (2015-04-26) 2; Laganparsad 'More than 350 foreigners killed - but only one murder conviction' Sunday Times (2015-04-19) 4). Hoewel daar verskeie redes vir vreemdelinggeweld geopper word, is daar sprake dat Koning Zwelethini se uitsprake tydens 'n byeenkoms in Pongola op 21 Maart 2015 moontlik die vonk was wat die kruitvat aangesteek het. Hy het blykbaar die volgende gesê: 'As I speak, you find [foreigners'] unpleasant goods hanging all over our shops, they soil our streets. We cannot even recognize which shop is which ... there are foreigners everywhere ... We ask foreign nationals to pack their belongings and go back to their countries' (Tromp and Oatway 'What they said ...' Sunday Times (2015-04-19) 4). Koning Zwelethini is sedertdien by die Menseregtekommisie aangekla (George 'Koning Goodwill by MRK verkla' Die Burger (2015-04-17) 4). Vreemdelinggeweld word veral in KwaZulu-Natal en Gauteng ondervind (Sieberhagen 'Germiston: buitelanders slaap buite polisiekantoor uit vrees' Die Burger (2015-04-17) 5), terwyl die Wes-Kaapse regering verskeie planne beraam het om te keer dat dit tot daar versprei (O'Connor 'Xenofobie sal nie in Kaap geduld word nie' Die Burger (2015-04-17) 4). Die polisie is op gereedheidsgrondslag geplaas en buurtwaglede en lede van gemeenskapsorganisasies is dadelik betrek om areas te moniteer. Nadat geweld in Suid-Afrika uitgebreek het, is Suid-Afrikaners gedwing om uit Mosambiek en Nigerië te vlug uit vrees vir weerwraak (Tempelhoff en Viljoen 'Suid-Afrikaners gee pad uit Mosambiek' Die Burger (2015-04-18) 2; Gibson 'SA werknemers met spesiale vliegtuig gaan haal' Die Burger (2015-04-17) 5). Hoewel Isis (IS - Islamitiese Staat) en El-Sjabaab

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Du Plessis, W. et al 2015. Onrus en geweld: 2015 (1). Southern African Public Law, 30:222-236. [https://journals.co.za/content/sapr1/30/1/EJC197697]

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By