NWU Institutional Repository

Die gebruil van antropometriese data in vegvliegtuigkajuitontwerp - 'n vergelykende studies

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South Africa)

Record Identifier

Abstract

Die hoe werkverrigtingsmoontlikhede van die moderne taktiese vegvliegtuie, die kompleksiteit van die huidige en toekornstige rnissies en die gevorderde beheersisteme van vliegtuie wat vlieeniers moet beheer, stel hoe eise aan die vlieeniers. Doelmatige en goed ontwerpte kajuite is een van die belangrikste vereistes vir die optimale benutting van hierdie vliegtuie. Die optimale ontwerp van 'n kajuit kan slegs bewerkstellig word indien die ontwerper geskikte en betroubare antropometriese data van die populasie waarvoor ontwerp word, beskikbaar het. Tot op hede bestaan daar geen data van die vegvlieenierpopulasie in die Suid-Afrikaanse Lugmag(SALM) nie. Hierdie projek is aangepak om die leemte to v antropometriese data van die spesifieke vlieenierpopulasie aan te vul. 'n Totaal van 25 Antropometriese dimensies is by 60 vegvlieeniers van die SALM geneem. Al hierdie dimensies is van die grootste belang by die ontwerp van die vegvliegtuigkajuit. Aangesien die SALM vandag nog die Mirage FI en FIII vegvliegtuie van DASSUALT-BURGETTE in Frankryk gebruik, is die vraag gevra tot watter mate die SALM vegvlieenier ooreenstem met die vlieeniers waarvoor die vliegtuig in die eerste plek gebou is. Die tweede vraag wat beantwoord moes word, is tot watter mate die SALM vegvlieenier voldoen aan die ontwerpkriteria wat gebruik is in die ontwerp van die twee modelle. Hierdie vraag lei die ondersoeker na seker die belangrikste vraag, nl hoeveel van die opgeleide vegvlieeniers van die SALM is geskik vir aanwending in die MIRAGE FI en FIII vliegtuie? Die data wat tydens hierdie projek ingesamel is, is aanvullend tot die Franse data ook met ander Suid-Afrikaanse data vergelyk. Die doel van hierdie vergelyking was om vas te stel of enige seleksie plaasgevind het voor, tydens of na die opleiding van die vlieeniers. Indien daar wel seleksie plaasgevind het, is gevra tot watter mate dit wel plaasgevind het en watter invloed dit op die aanpassing in die kajuit gehad het. Die gevolgtrekking waartoe geraak is, is dat antropometriese data van die SALM vegvlieeniers wel verskil van die Franse vlieeniers waarvoor die MIRAGE vliegtuie ontwerp is. Met geringe aanpassings in die kajuit kan die meeste SALM vlieeniers gehuisves word in die kajuit van die onderskeie vliegtuie. Seleksie het wel binne die groep vlieeniers voorgekom.

Sustainable Development Goals

Description

Thesis (MSc. (Occupational Physiology))-- North-West University, Potchefstroom Campus,1992

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By