NWU Institutional Repository

Narratiewe identiteit en -herinneringe as paratekste in gekose werke deur Mary Sibande en Nandipha Mntambo

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Abstract

Hierdie verhandeling is'n intertekstuele studie waar die kunsteoretiese interpretasie aan die hand van ‘n sekere narratologiese aspekte ondersoek word. ‘n Narratief kan beskryf word as'n storie of verhaal met karakters. In hierdie konteks is'n narratiewe identiteit volgens die skrywe van Ricoeur (2006) die wyse waarop'n individu haarself in die wêreld plaas deur stories oor te vertel. Die meerderheid van hierdie stories word deur narratiewe herinneringe soos deur Halbwachs (1992,1980) uiteengesit gevorm. Narratiewe herinneringe is hierdeur aan'n individu se persoonlike ervarings verbind waaruit die narratiewe identiteit dan gevorm word. Nandipha Mntambo en Mary Sibande is albei swart, Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars wat in die konseptualisering van hul werk deur hul narratiewe herinneringe beïnvloed word. Verder word albei kunstenaars se narratiewe identiteit vanaf hul persoonlike narratiewe herinneringe gevorm. Die kunstenaars se narratiewe identiteit is gesetel in die verskeidenheid van mediums en karakters wat die narratiewe uitbeeld. Die gaping wat in hierdie studie ondersoek word, word gedoen deur'n vergelykende studie tussen Mntambo en Sibande om die ontwikkeling van albei se narratiewe identiteite te ondersoek. Die ondersoek word gerig deur paratekste, narratiewe herinneringe en narratiewe identiteit as teoretiese begronding. Hiervolgens word die metodologiese benadering toegepas waarna die bevindinge van die studie uiteengesit word. Daar is bevind dat waar Mntambo se narratiewe identiteit en temas in haar werke geïtereer word, en omdat sy'n wye verskeidenheid van mediums gebruik om haar narratiewe in uit te druk, daar ontwikkeling plaasvind in haar oeuvre en identiteit deur die metamorfose van'n relatief groepsgebonde identiteit na'n sterker persoonlike narratiewe identiteit.Verder het ek bevind dat Sibande en haar alter-ego Sophie se narratiewe identiteit deur die kunstenaar se narratiewe herinneringe gedryf word waarna'n nuwe narratiewe identiteit vir beide die kunstenaar en haar alter-ego ontwikkel wat toenemend sterker gedryf word deur die daarstel van'n groeiende sin vir agentskap en emansipasie.

Description

MA (Art History), North-West University, Potchefstroom Campus

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By