NWU Institutional Repository

Regeerkunde in 'n ontwikkelingstaat : 'n relevansiediskoers / Gerrit van der Waldt

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van der Waldt, Gerrit

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Potchefstroom : Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus (Suid-Afrika)

Record Identifier

Abstract

Die konsep 'regering' (governance) kan beskou word as die totaliteit van interaksies, waarin openbare sowel as private akteurs deelneem, wat daarop gemik is om samelewingsproblematiek aan te spreek sowel as om sosio‐ekonomiese geleenthede te skep. Regeerkunde, as die studieveld wat gefokus is op die bestudering van regering, behoort op die komplekse interaksie tussen stelsels te fokus. Tipiese stelsels wat met regeerkunde as aktiwiteit gepaard gaan sluit in die regeringstelsel, wat die regulatoriese, administratiewe en organisatoriese funksionering van die staat rig; die sosiale stelsel, wat die interaksie van menslike aktiwiteite binne 'n samelewing rig; die politieke stelsel, wat op die dinamika tussen groeperinge binne 'n samelewing dui ten einde beheer oor die staat te oefen; en die ekonomiese stelsel, wat op die interafhanklikheid van menslike aktiwiteite dui ten einde die akkumulasie, produksie en verspreiding van welvaart binne 'n nasiestaat te rig. Weens die onlangse evolusionêre aard van die verskynsel 'Regeerkunde' internasionaal beskik dit tans nie oor 'n erkende korpus van kennis nie en word dit gekenmerk deur 'n amorfe samestelling van teorieë, modelle en paradigmas van aanverwante dissiplines soos Publieke Administrasie en Politieke Wetenskap. Die doel van hierdie artikel is, eerstens, om die kennisdomein van Regeerkunde te konstrueer, en tweedens, om die relevansie van die bestudering daarvan binne die konteks van 'n ontwikkelingstaat te verreken.

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By