NWU Institutional Repository

Aktiwiteit gebaseerde kostestelsel (AGK-stelsel) vir 'n beskuitjie vervaardiger in die Noordelike Provinsie, Suid-Afrika

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South-Africa)

Record Identifier

Abstract

Die huidige mededingende omgewing is uitdagend genoeg, selfs al beskik jy oor die regte inligting. lndien jy reageer op foutiewe inligting kan jy op 'n krisis-roete wees waarvan jy dalk nie kan herstel nie. Aktiwiteit gebaseerde koste (AGK) verskaf die prestasie deurbraak vir die negentigs. AGK bemagtig besigheidsmense met inligting en hulpmiddels om sake prestasie te verbeter. AGK ontbloot die probleme wat reggestel moet word en toon die winsgeleenthede wat beskikbaar is. AGK se vermoe om werklike sake prestasie te meet verseker dat jy vordering maak waar dit die meeste tel -netto wins. Die kern van AGK is die feit dat aktiwiteite, koste veroorsaak en produkte, aktiwiteite absorbeer. Op hierdie wyse kan koste meer akkuraat toegedeel word. Die totale hoeveelheid koste wat geabsorbeer word bly dieselfde, dit is hoe hierdie koste toegeskryf word aan produkte wat 'n verskil maak. Vanwee die aard van die inligting wat gebruik word in die kosterekeningkundige proses (finansiele en nie-finansiele) en die feit dat alle fasette van die besigheid geevalueer en bestuur moet word, kan verskeie bestuurstelsels ge'integreer word in die AGK-stelsel. Die doelwit van die studie is om te bepaal tot watter mate 'n AGK-stelsel suksesvol ge'implementeer kan word by 'n spesifieke vervaardigingsonderneming. Die grootste gedeelte van die studie bestaan uit 'n literatuurstudie. Hoofstuk 2 bespreek AGK. Die hoofstuk beskryf die aard van koste (direkte, toeskryfbare en nie-toeskryfbare) en illustreer hoe die verskillende tipes kostes hanteer behoort te word in die AGK-stelsel. Dit definieer die fundamentele beginsel van AGK, naamlik dat aktiwiteite hulpbronne verbruik en produkte verbruik aktiwiteite. Hierdie beginsel is dan gebruik om in duidelike stappe kosteberekening vir die koste-objekte te doen. Die AGK-stelsel demonstreer dat koste wat i11 die tradisionelekostestelsel as algemene bokoste beskou is, kan in werklikheid toegeskryf word aan koste-objekte soos materiaal en produkte. Spesiale aandag is gegee aan die implementeringsfase en bestuurstoepassingsprobleme met die stelsel. In Hoofstuk 4 en 5 word die empiriese studie wat by 'n vervaardigingsonderneming gedoen is, gedokumenteer. 'n AGK-stelsel is ontwikkel en die doelwit van hierdie navorsing was om die moontlikheid te ondersoek om 'n koste-effektiewe AGK-stelsel by hierdie onderneming te implementeer. Die gevolgtrekking is gemaak dat 'n AGK-stelsel wel as 'n alternatiewe kostestelsel ge·1mplementeer kan word om koste berekeninge te doen en om bestuur te help met strategiese besluitneming. Die finale implementeringsfase val buite die grense van hierdie studie, maar dit is baie belangrik, aangesien 'n reeks van faktore hanteer moet word om sukses te verseker. Een van die belangrikste faktore is die menslike faktor. Nuwe stelsels veroorsaak groat veranderinge en weerstand kan verwag word. Die stelsel moet behoorlik ondersoek word en nie bloat ge'implementeer word nie. Die voordele wat die stelsel bied moet oorweeg word teenoor die ekstra koste om die stelsel te implementeer en te onderhou. Die AGK-stelsel bied besliste voordele en alhoewel dit mag voorkom dat 'n AGK installasie problematies is, maak die toename in kennis en begrip vir die besigheid die paging die moeite werd.

Sustainable Development Goals

Decent Work and Economic Growth

Description

Thesis, (MBA)-- North-West University,Potchefstroom Campus, 1998

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By