NWU Institutional Repository

Die assessering van huistale in die Suid-Afrikaanse Nasionale Seniorsertifikaateksamen - die strewe na regverdigheid en groter geloofwaardigheid

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Du Plessis, Colleen
Steyn, Sanet
Weideman, Albert

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LitNet

Record Identifier

Abstract

Regverdigheid is 'n onontbeerlike vereiste vir hoërisiko-toetse, soos uittreevlakeksamens vir skoolverlaters. Die eksaminering van eerste tale met 'n amptelike status in Suid-Afrika aan die einde van graad 12 bied 'n pertinente voorbeeld van waarna hier verwys word. Nie net dui verskeie verslae aan dat die taalvraestelle leerders oor die verskillende tale heen tans ongelyk behandel nie, maar daar is ook geen voor die hand liggende oplossing vir tekortkominge in die toetsinstrumente nie. Daar bestaan ook onsekerheid of die voorgeskrewe formaat en inhoud van die eksamenvraestelle voldoende ooreenstem met die doelwitte van die kurrikulum. Hierdie artikel doen verslag oor 'n projek wat onderneem word deur 'n vieruniversiteitsvennootskap in taaltoetsingsnavorsing om 'n daadwerklike oplossing vir die probleem te vind. As 'n eerste stap om groter ekwivalensie tussen die standaarde van hierdie taalvraestelle te bewerkstellig word konseptuele duidelikheid verlang oor die konstruk waarop die uittreevlak-assesserings volgens die doelstellings en spesifikasies van die nuwe Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) gegrond is. Die artikel sluit af met die aanbevelings van 'n eerste en voorfinale verslag, en verskaf 'n raamwerk vir die daaropvolgende ondersoeke.

Sustainable Development Goals

Description

Enter any additional information or requests for the Library here.

Citation

Du Plessis, C. et al. 2016. Die assessering van huistale in die Suid-Afrikaanse Nasionale Seniorsertifikaateksamen - die strewe na regverdigheid en groter geloofwaardigheid. Litnet Akademies, 13(1):425-443. [http://www.litnet.co.za/]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By