The expansion of the liability of a shipowner in oil tanker casulties in South African jurisdictions
Loading...
Files
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa).
Record Identifier
Abstract
In die geval waar skade veroorsaak word as gevolg van oliebesoedeling in die
Suid-Afrikaanse territoriale waters, mag die situasie ontstaan waartydens die
Suid-Afrikaanse howe die skade veroorsaak, kompensasie vir die skade asook
die aanspreeklikheid van die skeepseienaar moet interpreteer. Die huidige SuidAfrikaanse
reels ten opsigte van die aanspreeklikheid van die skeepseienaar in
sodanige gevalle mag onvoldoende wees ten einde aanspreeklikheid vas te stel.
Tans is die interpretasie van skade en aanspreeklikheid wat deur SuidAfrikaanse
howe gevolg word beperkend van aard en daar word voorgestel dat
'n meer liberale en uitgebreide interpretasie toegepas moet word ten einde die
aanspreeklikheid van die skeepseienaar te verhoog.
Die doel van die skripsie is om resente en relevante internasionale tendense te
ondersoek waar die aanspreeklikheid van die skeepseienaar vir skade as gevolg
van oliebesoedeling gereel word. Die uitgangspunte van verskeie internasionale
omgewingsinstrumente kan dien as riglyne by die interpretasie van skade en
aanspreeklikheid van die skeepseienaar.
'n Regsvergelykende studie van die Basel Protokol, die CLC Konvensie, die
Amerikaanse oliebesoedelingswetgewing, die Oliebesoedelingsfonds Konvensie
sowel as die 1992 Protokolle tot die twee laasgenoemde konvensies mag
relevant wees vir die interpretasie van skade en aanspreeklikheid.
Alhoewel die HNS Konvensie die aanspreeklikheid van die skeepseienaar reel
in gevalle van omgewingskade veroorsaak deur gevaarlike en giftige stowwe,
mag die bepalings daarin vervat ook relevant en van toepassing wees vir Suid
Afrikaanse jurisdiksies vir doeleindes van die interpretasie van skade as gevolg
van oliebesoedeling.
Sustainable Development Goals
Description
LLM (Import and Export), North-West University, Potchefstroom Campus
Keywords
International Convention on Civil Liability for Oil Pollution Damage of 1969, International Convention on the Establishment of an International Fund for Compensation for Oil Pollution Damage of 1971, 1992 Protocols to the CLC and the Fund Convention, Basel Convention on the Control of Transboundary Movements of Hazardous Waste and Their Disposal of 1989, International Convention on Liability and Compensation for Damage in Connection with Carriage of Hazardous and Noxious Substances by Sea of 1996, Marine Pollution (Control and Civil Liability) Act 6 of 1981, Pure economic loss, Shipowner's liability, Oil pollution damage, Tanker Owners Voluntary Agreement Concerning Liability for Oil Pollution of 1969 (TOV ALOP) and Contract Regarding an Interim Supplement to Tanker Liability for Oil Pollution of 1971 (CRIST AL), The United States Oil Pollution Act of 1990
