NWU Institutional Repository

Postulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans - 'n ondersoek vanuit 'n grammatikaliseringsperspek

dc.contributor.authorBreed, Catharina Adriana
dc.contributor.authorVan Aardt, Caro A.
dc.contributor.researchID12246239 - Breed, Catharina Adriana
dc.contributor.researchID21220360 - Van Aardt, Caro Alessandri
dc.date.accessioned2017-05-15T08:59:32Z
dc.date.available2017-05-15T08:59:32Z
dc.date.issued2016
dc.descriptionEnter any additional information or requests for the Library here.
dc.description.abstractDie grammatikale funksie wat liggaamshoudingwerkwoorde - oftewel postulêre werkwoorde - spesifiek die kardinale werkwoorde sit, staan, lê en loop in geskrewe Standaardafrikaans verrig, is taamlik omvattend beskryf in bestaande Afrikaanse taalkundenavorsing. Die postulêre werkwoord word algemeen in Afrikaans - net soos in Nederlands - aangewend om progressiewe betekenis uit te druk. Die vraag kan egter gevra word of dit op dieselfde wyse gebruik word in ander gebruikskontekste of variëteite van Afrikaans. In hierdie verband kan daar reeds op twee opvallende verskille gewys word in die wyse waarop Griekwa-Afrikaans, ʼn streekvariëteit van Afrikaans, en Standaardafrikaans postulêre werkwoorde grammatikaal aanwend. Eerstens kan die bindingspartikel en uit die Griekwa-Afrikaanse VPOS en VINF-konstruksie weggelaat word, terwyl dit in Standaardafrikaans nie die geval is nie. Tweedens verskil die frekwensies van die postulêre werkwoorde in Standaardafrikaans en Griekwa-Afrikaans. Van die vier postulêre werkwoorde kom loop verreweg die meeste voor in Griekwa-Afrikaans, terwyl sit die mees frekwente grammatikale postulêre werkwoord in Standaardafrikaans is. Vanuit ʼn grammatikaliseringsperspektief kan sowel die vormlike as die frekwensieverskil tussen die Standaardafrikaanse en Griekwa-Afrikaanse konstruksies ʼn aanduiding wees dat die werkwoorde nie tot dieselfde mate gegrammatikaliseer het in die twee variëteite nie. In hierdie artikel word daar verder vanuit ʼn grammatikaliseringsperspektief ondersoek ingestel na die moontlike verskillende grammatikale gebruike of aanwending van postulêre werkwoorde in gesproke Griekwa-Afrikaans en geskrewe Standaardafrikaans. Daar word geargumenteer dat die bestaande beskrywing van die Standaardafrikaanse grammatikale postulêre konstruksie nie voldoende is om ook te geld as ʼn beskrywing van die konstruksie in niestandaardvariëteite van Afrikaans nie.
dc.identifier.citationBreed, C.A. & Van Aardt, C.A. 2016. Postulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans - 'n ondersoek vanuit 'n grammatikaliseringsperspek. Spil: Stellenbosch Papers in Linguistics, 46:1-24. [http://dx.doi.org/10.5774/46-0-226]
dc.identifier.issn1027-3417
dc.identifier.urihttp://dx.doi.org/10.5774/46-0-226
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/23700
dc.language.isoen
dc.publisherUniversity of Stellenbosch
dc.subjectPostulêre werkwoorde
dc.subjectGriekwa-Afrikaans
dc.subjectStandaardafrikaans
dc.subjectgrammatikalisering
dc.titlePostulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans - 'n ondersoek vanuit 'n grammatikaliseringsperspek
dc.typeArticle

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
2016Postulêre_werkwoorde.pdf
Size:
378.92 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: