Habitual Dietary Intakes and Levels of Risk Factors Associated with Coronary Heart Disease among Indian Matriculants in Lenasia
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University (South Africa)
Record Identifier
Abstract
Die voorkoms van koronere hartvatsiekte (KHS) onder Suid-Afrikaanse Indiers is hoog. Die doel van hierdie studie was om die teenwoordigheid en vlakke van die risikofaktore vir die siekte onder Indieradolessente te ondersoek, en om die verwantskap tussen dieetinnames en die vlakke van die risikofaktore vir KHS te bepaal. Vroee opsporing van die teenwoordig???heid van risikofaktore mag lei tot die moontlike voorkoming van die ontwikkeling van KHS in hoe-risiko individue. 'n Ewekansige, homogene steekproef van 321 matrikulante, geselekteer van vrywilligers wat ingeligde toestemming gegee het, van al ses sekondere skole in Lenasia, Transvaal, het aan die studie deelgeneem. Die studie???ontwerp was die van 'n beskrywende, deursnit-epidemiologiese opname. Gebruiklike dieetinnames is met 'n getoetsde voedsel-frekwensievraelys tydens individuele tuisonderhoude gemeet. Nutrientinnames is met 'n rekenaarprogram wat op die Suid-Afrikaanse voedseltabelle gebasseer is, ontleed. Spesiale voorsorg is getref om die bestandele, asook vette en olies gebruik in di e voorbereiding van tradisionele Indiese disse, te kodeer en te analiseer. Die belangrikste biochemiese risikofaktore vir KHS is bepaal. Serum en sitraatplasma is berei van veneuse bloedmonsters wat tussen 08:00 en 10:00 van die proefpersone wat oornag gevas het, verkry is. Hierdie monsters is gebruik vir die bepaling van serumlipiede en -lipoproteiene xiii ( ensiematies-kolorimetriese met odes), asook plasmafi brinogeen en faktor VII - koagulantaktiwiteit (koagulasiemetodes). Ander veranderlikes soos liggaamsmassa-indeks, middelbo-armomtrek en bloeddruk is ook met gestandaardiseerde metodes gemeet. 'n Mediese geskiedenis van KHS en diabetes mellitus, rookgewoontes, fisiese aktiwiteitsvlakke en sosio???ekonomiese agtergrond is met behulp van 'n vraelys bepaal. 'n Variansie???analise, Newman-I{eulstoets en Tukey se toets is bereken om statisties???betekenisvolle verskille van die gemete veranderlikes tussen groepe ( seuns, dogters, vegetariers, nie-vegetariers) te bepaal, deur van die SAS(R)-pakket gebruik te maak. Pearson korrelasiekoeffisiente en 'n stapsgewyse regressie-analise is met dieselfde pakket bereken, om die verwantskappe tussen die verskillende veranderlikes te bepaal. Die resultate het getoon dat die proefpersone 'n hoe gemiddelde vetinname gehad het; Totale vet het meer as 40% van die totale energie in die dieet van beide vegetariese en nie-vegetariese proefpersone voorsien. Die poli-onversadigde: versadigde vetverhouding van 0.8-1.0 was egter naby die aanbevole verhouding van 1,0, wat die vrye gebruik van plantolies in die voorbereiding van di~etvesel was laag (2.2-2.4 g/MJ). die essensiele aminosure van al voedsel weerspieel. Die inname van Die gemiddelde daaglikse inname van die proefpersone was voldoende vir normale groei en ontwikkeling. Die inname van die vegetariers was betekenisvol laer (p < 0.05) as die van die nie-vegetariers, waarskynlik as gevolg van die afwesigheid van vleis en vleisprodukte in hulle dieet. Die ysterinname van al die proefpersone was egter voldoende. Die gemiddelde kalsiuminname van die nie-vegetariese proefpersone was laer xiv (maar nie betekenisvol laer nie) as die van die vegetariers. Al die groepe het egter 'n laer gemiddelde inname as die aanbevole dieettoelae van 1200 mg/dag gehad, veral die nie-vegetariese dogters wat 'n gemiddelde inname van 765 + 371 mg/ dag gehad het. Die innames van nikotiensuur (niasien), vitamien B6, B12 en pantoteensuur was beteken???isvol laer by die vegetariers as by die nie-vegetariers, en ook laer as die aanbevole die et toelae vir niasien, vi tamien B6 en B12. Alhoewel vitamien D-, tiamien- en riboflavieninnames van die vegetariers laer as die van die nie-vegetariers was, was hierdie verskille nie betekenisvol nie. 'n Vergelyking van die resultate met die Suid-Afrikaanse ouderdom???spesifieke afsnypunte vir serumcholesterol, het getoon dat 'n hoe persentasie ( 51. 7%) van die proefpersone tot ale cholesterol vlakke gehad het wat i'n die matige risikogrense vir KHS geval het, terwyl 'n klein persentasie ( 5%) se vlakke in die hoe risikogrens was. Ongeveer die helfte van die proefpersone (49.9%) se plasmafibrinogeenvlakke was groter as 250 mg/dl, 'n arbitrere afsnypunt vir verhoogde risiko vir KHS. Gemiddelde waardes vir faktor VII-aktiwiteit was in die normale grense. Meer as 'n vyfde (21.2%) van die proefpersone het gerook. aktiwiteitsvlakte was laag. Fisiese Uit die resultate het dit duidelik geblyk dat strategiee om die risiko vir KHS in hierdie bevolkingsgroep te verlaag, vroee intervensie in primere en sekondere skole moet insluit. Teen-rookveldtogte behoort dadelik geimplementeer te word. Dit sal waarskynlik lei tot laer plasma???xv fibrinogeenvlakke, Dieetadvies oor die verlaging van vetinname na die "omsigtige" vlak van minder as 30% van totale energieinname moet voorkeur geniet. Hierdie advies moet veral konsentreer op lae-vet voedselkeuses, maar ook op lae-vet en vetvrye gaarmaakmetodes . Advies oor ' n verhoogde dieetveselinname, deur meer volgrane en vars groente en vrugte te eet, behoort ook gegee te word . Dit mag hydra tot ' n verlaging van totale serumcholesterolvlakke. Die groot aantal proefpersone met verhoogde totale cholesterol- en fibrinogeen-vlakke behoort individuele raad te ontvang oor metodes om hierdie vlakke te verlaag . Die gevolgtrekking is gemaak dat dit waarskynlik voordelig sal wees om adolessente te sif en 'n opvolgdiens te verskaf vir diegene wat verhoogde teenwoordigheid en vlakke van risikofaktore vir KHS het . Die result ate van die studie het gesuggereer dat die dieetpatroon van Suid- Afrikaanse Indieradolessente moontlik mag hydra tot die hoe voorkoms van KHS in die volwasse lewe.
Sustainable Development Goals
Good Health and Well-being
Description
Thesis, (PhD( Physiology))--North-West University, Potchefstroom,
