Voorwaardelikheid in studentetekste: ʼn Korpusgebaseerde analise
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch University
Record Identifier
Abstract
Tydens universiteitstudie word daar van studente verwag om hoofsaaklik deur middel van geskrewe tekste met die akademiese diskoersgemeenskap te kommunikeer. Hoewel studente in staat moet wees om verskeie akademiese tekste vir die uitruiling van inligting te kan produseer, is die mees algemene teks wat van alle studente verwag word om te kan skryf, die akademiese argument. Sodanige argument bestaan uit ʼn bepaalde struktuur, en die konseptuele ontwikkeling daarvan word gekenmerk deur die skep van koherensie tussen die verskillende komponente waaruit hierdie tekstipe bestaan. Derhalwe moet studente oor die vermoë beskik om die leser op ʼn doelbewuste wyse deur die argument te lei. Hierdie begeleiding vind onder andere plaas deur gebruik te maak van woorde en frases wat die taak van konjunksies verrig. Hieronder ressorteer onder andere voorwaardelikheid wat gebruik word om die hipotetiese of potensiële aard van sake uit te druk. Woorde en frases wat die funksie van voorwaardelikheid vervul, is niefeitelik van aard, aangesien die skrywer die doel het om ʼn verband tussen ʼn spesifieke situasie en sy of haar opinie oor die wenslikheid of onwenslikheid van die betrokke situasie te vestig. Alhoewel die wyse waarop voorwaardelikheid in studentetekste gebruik word reeds in ander tale geëvalueer is, is die uitsluitlike doel van hierdie artikel om die gebruik daarvan spesifiek na te gaan in die argumentatiewe tekste wat deur Afrikaanssprekende eerstejaarstudente geproduseer is. Die doel hiervan is om insig te verkry in die tipe voorwaardelike aanduiders wat gebruik word, sowel as die verspreiding en wyse van die gebruik daarvan. Verder wil die outeur ook bepaal hoe hierdie gebruik bydra tot die algehele koherensie van hierdie argumente. Daarbenewens is die doel ook om enige ander tekortkominge in die gebruik van voorwaardelikheid te identifiseer, en om spesifieke voorstelle te maak oor vaardigheidsontwikkeling in hierdie verband.
Sustainable Development Goals
Description
Journal Article, Fakulteit Geesteswetenskappe, Skool vir Tale (Akademiese Geletterdheid), Noordwes-Universiteit, Potchefstroom,
Citation
Meintjes, Z., 2024. Conditionality in student texts. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 68, pp.117-134.doi: 10.5842/68-1-995
