NWU Institutional Repository

Aanpassingspatrone van 'n kultuurorganisasie by 'n veranderende politieke en kulturele milieu: Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) tussen 1980 en 2009

dc.contributor.advisorBurden, M.en_US
dc.contributor.authorFerreira, E.D.en_US
dc.contributor.researchID24536458 - Burden, Matilda (Supervisor)en_US
dc.date.accessioned2020-10-27T14:04:06Z
dc.date.available2020-10-27T14:04:06Z
dc.date.issued2020en_US
dc.descriptionPhD (Geskiedenis), North-West University, Potchefstroom Campus
dc.description.abstractAfrikanerkultuurorganisasies in Suid-Afrika het hulle teen 1980 in ʼn bevoorregte posisie bevind as gevolg van ʼn regering wat hoofsaaklik uit Afrikaners bestaan het en wat gevolglik baie simpatiek teenoor die Afrikaner as kultuurgroep gestaan het. Een van die redes vir hierdie simpatieke houding, spesifiek teenoor die ATKV, was die organisasie se lang verbintenis met die Afrikaner se volkstrewe sedert sy stigting in 1930. Die uiteindelike politieke magsoorname van die Afrikaner in 1948 het tot gevolg gehad dat die Afrikaner-establishment (die ATKV ingesluit) deur die grootste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking met die apartheidsbeleid van die regering geassosieer is, en gevolglik op verskeie maniere deur mense buite die organisasie gediskrediteer is. Meningsvormers van binne en buite Afrikanergeledere het veral gedurende die tagtigerjare ’n groot rol gespeel in die skep van ʼn klimaat wat tot ʼn proses van selfondersoek deur die Afrikaner aangaande sy identiteit en sy politieke denke gelei het. Die ATKV-leierskap het gevolglik die potensiële impak van moontlike politieke en kulturele veranderinge op die ATKV geantisipeer en pro-aktief daarvoor begin beplan. Dit het daartoe gelei dat die “nuwe Afrikaners” in die ATKV bereid was om hulle eens hoofsaaklik eksklusiewe Afrikanerorganisasie vir alle Afrikaanssprekendes, ongeag ras, afkoms of godsdienstige oortuiging, oop te stel. Die politieke oorgang van die neëntigerjare het hierdie groter openheid van denke binne die ATKV versnel en die organisasie het homself toenemend ten opsigte van sy potensieel nuwe mark, die breë Afrikaanse gemeenskap, begin posisioneer. Dít het weer aanleiding gegee tot aanpassingspatrone binne die organisasie. Laasgenoemde aanpassingspatrone vorm die kern van hierdie studie se ondersoek en bevindings. Die gevolgtrekking waartoe geraak word, is dat die ATKV in die tydperk 1980 tot 2009 suksesvol by ʼn veranderende politieke en kulturele milieu aangepas het. In die proses is hy getransformeer van ʼn kultuurorganisasie vir hoofsaaklik die Afrikanergemeenskap tot ʼn potensiële kultuurtuiste vir die breë Afrikaanse gemeenskap, asook vir enigeen wat met die organisasie se visie van die strewe na ʼn suksesvolle Suid-Afrika assosieer.
dc.description.thesistypeDoctoralen_US
dc.identifier.urihttps://orcid.org/0000-0002-6860-8712en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/36064
dc.language.isootheren_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging)
dc.subjectpatterns of adaptation
dc.subjectAfrikaans community
dc.subjectAfrikaner
dc.subjectidentity
dc.subjectcultural history
dc.subjectcultural home
dc.subjectcultural organisations
dc.subjectnationalism
dc.subjectimage of organisation
dc.subjectagent for change
dc.titleAanpassingspatrone van 'n kultuurorganisasie by 'n veranderende politieke en kulturele milieu: Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) tussen 1980 en 2009en_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Ferreira_ED.pdf
Size:
1.7 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

Collections