NWU Institutional Repository

DIE GETEIKENDE INHIBERING VAN HEPATITIS B-VIRUS GEENUITDRUKKING MET TERAPEUTIESE OLIGONUKLEOTIEDE

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Daar is 'n toenemende belangstelling in die· potensiele toepassing van antisin oligonukleotiede vir die inhibisie van geenuitdrukking en kan as 'n moontlike behandeling van virale infeksies gebruik word. Sulke oligonukleotiede kan komplementer aan 'n spesifieke gebied van 'n bepaalde geen of mRNA ontwerp word Deur middel van hierdie benadering, kan oligonukleotiede dien as potensiele blokkeerders van transkripsie of translasie deur volgorde spesifieke hibridisasie met geteikende genetiese segmente. Die eerste terapeutiese gebruik van antisin volgordes is waargeneem by die inhibisie van Rous Sarcoma virusreplisering, dieselfde benaderings is ook gevolg vir inhibisie van mens HIvirus, Vesikulere Stomatitis virus, Herpes Simpleks virus, en die uitdrukking van verskeie onkogene. Aangesien infeksie met hepatitis B-virus (HBV) wereldwyd endemies is, en dit ernstige kliniese gevolge soos lewer cirrhosis en hepatosellulere karsinome tot gevolg het, is die moontlikheid vir die inhibering van HBV-geenuitdrukking m.b.v. antisintegnologie ondersoek. Die effek van 'n reeks antisin-oligonukleotiede op die uitdrukking van hepatitis B-virus oppervlaksantigeen (HBsAg), is ondersoek in hepatosellulere karsinoom selle wat geintegreerde HBV-genome bevat. Twee teikenvolgordes in die HBsAg oop leesraam (ORF) is met verwysing na die literatuur geidentifiseer. Die eerste groep oligonukleotiede oorvleuel met die inisiasiekodon, terwyl een oligonukleotied komplementer aan die koderingsgebied van HBsAg, 303 nukleotiede afstroom van die A TG-kodon is. Die persentasie inhibisie van HBsAg uitdrukking is bepaal vir die verskillende antisin en teikenvolgordes, by verskillende konsentrasies. Verskillende membraanoordragtegnieke is gebruik om die antisin-oligonukleotiede in die selle in te dra, byvoorbeeld aktiewe absorpsie, kalsiumfosfaattransfeksie en lipofeksie. Volgens hierdie resultate word die hoogste inhibisie waargeneem in die teenwoordigheid van 16µM en 20µM-oligonl:11deotied fl, 'n 15-meer oligonukleotied geteiken teen die translasie-inisiasiekodon van die HBV Sgeen. Oligonukleotied II is met behulp van lipofektien by die selle gevoeg. Hierdie resultate bevestig dat die antisin-tegnologie wel gebruik kan word om HBV geenuitdrukking te inhibeer.

Sustainable Development Goals

Good Health and Well-being

Description

Thesis (M.Sc. (Biotechnology))--North-West University, Potchefstroom campus, 1996.

Keywords

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By