NWU Institutional Repository

Die impak van grenslyn-persoonlikheidsversteuring op die persoonsgesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering: ʼn Kritiese analise

dc.contributor.advisorVan Graan, Constant Laubscher
dc.contributor.advisorKruger, Ankebe
dc.contributor.authorBekker, L.
dc.contributor.researchIDVan Graan, Constant Laubscher- 20307314
dc.contributor.researchIDKruger, Ankebe- 11755350
dc.date.accessioned2025-08-12T06:50:12Z
dc.date.available2025-08-12T06:50:12Z
dc.date.issued2024
dc.descriptionMagister Commercii in Forensiese Rekeningkunde, North-West University, Vanderbijlpark Campusen_US
dc.description.abstractHandelsmisdaad is ʼn wêreldwye fenomeen wat veral in Suid-Afrika ʼn groot probleem is. Kommersiële forensiese onderhoudvoering vorm deel van die forensiese ondersoekproses en speel ʼn deurslaggewende rol om handelsmisdaad op te spoor, te ondersoek en/of te voorkom, aangesien dit een van die doeltreffendste hulpmiddels is om inligting te bekom. Daar bestaan verskeie kommersiële forensiese onderhoudvoeringstegnieke wat deur Kommersiële Forensiese Praktisyns (FP's) aangewend kan word waarvan slegs ʼn paar tegnieke deur navorsing ondersteun word. Die fokus van hierdie studie is die persoonsgesentreerde benadering (PCA) tot kommersiële forensiese onderhoudvoering aangesien hierdie tegniek deur navorsing ondersteun word, reeds in FP-opleiding op tersiêre vlak toegepas word en duidelik binne die raamwerk van relevante regsbeginsels, spesifiek die Grondwet van Suid-Afrika, val. Die interpersoonlike aard van die PCA dui daarop dat die FP en die ondervraagde mekaar beïnvloed. Interpersoonlike impak vind plaas wanneer die FP en ondervraagde met mekaar in gesprek tree en lei tot ʼn sirkulêre patroon van aksie en reaksie, hetsy verbaal of nieverbaal. Die FP wend die veranderlikes van die PCA, naamlik empatie, kongruensie en onvoorwaardelike aanvaarding aan om vertroue met die ondervraagde te bou en die verhouding te vestig met die doel om samewerking vanaf die ondervraagde te optimaliseer. Wanneer die FP die veranderlikes van die PCA akkuraat uitbeeld (d.w.s. wanneer die FP se verbale en nieverbale kommunikasie met mekaar ooreenstem en mekaar bevestig), skep die FP ʼn konteks wat die verkryging van bruikbare en betroubare inligting bevorder en sal die ondervraagde dus meer geneig wees om inligting met die FP te deel. Verder kan die kommersiële forensiese onderhoud wesenlik beïnvloed word deur verskeie faktore, insluitend emosies, gevoelens, ervarings, ideale en persoonlikhede. Die fokus van hierdie studie is egter persoonlikheidsversteuring--spesifiek grenslyn persoonlikheidsversteuring (GPV). ʼn Kritiese literatuuroorsig is uitgevoer om tot die gevolgtrekking te kom dat die simptome van GPV ʼn beduidende impak kan hê op die veranderlikes van die PCA en bykomende veranderlikes van die Interaktiewe Patroonanalise (IPA). Die FP sal meer geneig wees om betroubare en bruikbare inligting te bekom as hy/sy deeglik bewus is van die impak van die GPV-simptome op die veranderlikes van die PCA en IPA en dienooreenkomstig maneuvreer om heeltyd (op ʼn buigsame wyse) beheer oor die onderhoud te behou.en_US
dc.description.thesistypeMastersen_US
dc.identifier.uriorcid.org/0000-0001-2964-5318
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/42688
dc.language.isoenen_US
dc.publisherNorth-West University (South Africa)en_US
dc.subjectForensiese onderhoudvoeringen_US
dc.subjectGrenslyn-persoonlikheidsversteuringen_US
dc.subjectImpaken_US
dc.subjectInterpersoonlike benaderingen_US
dc.subjectPersoonlikheidsversteuringsen_US
dc.subjectPersoonsgesentreerde benadering tot onderhoudvoeringen_US
dc.titleDie impak van grenslyn-persoonlikheidsversteuring op die persoonsgesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering: ʼn Kritiese analiseen_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Bekker_L_2024.pdf
Size:
4.12 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.61 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: