NWU Institutional Repository

Morfologiese onderskeiding tussen verskillende serotipes van Pseudomonas aeruginosa uit hospitaal infeksies

Loading...
Thumbnail Image

Date

Researcher ID

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University (South-Africa)

Record Identifier

Abstract

Met hierdie studie van flagella van verskillende H-serotipes van P. aeruginosa kon twee tipes flagellastrukture, (A en B) waargeneern word. Uit die resultate kan aangeneem word dat die flagellastruktuur van 'n spesifieke serotipe konstantis en dat die flagellastruktuur van dieverskillende serotipes kan verskil. By al die serotipes wat bestudeer is, is slegs een van die twee tipes strukture waargeneem en nie albei in dieselfde flagella soos by P. rhodos nie. Lowy & Hanson (1965, p. 299). Die afleiding kan uit die resultate gemaak word dat daar 'n verband tussen die antigeniese sarnestelling en die oppervlaktestruktuur van die flagella van die verskillende 'H-serotipes van P. aeruginoea bestaan. Hoe minder die antigeniese sarnestelling verskil, hoe kleiner is die struktuurverskille soos onderskeidelik in die lengteverlopende lyn- en heliksstrukture en hoe groter die antigeniese sarnestelling verskil hoe groter is die struktuurverskille soos die tussen die lengteverlopende lyn en heliksstrukture. Wat die betekenis is van die onderbrekings in die struktuur asook die halwelynverskuiwings in die lyne van die lengteverlopende en flagellastruktuur is moeilik verklaarbaar. Hierdie twee verskynsels is ook deur Lowy & Hanson (1965, p. 300) by P. fluorescene en P. rhodoe opgemerk. Dit kan moontlik artifakte wees deurdat die flagella beskadig word (die struktuuronderbrekings) en die draaiing van die flagella tydens roostertjiemotering. Terwyl dit ook deur ander navorsers waargeneem is, word vermoed dat dit aan misvorming tydens flagellavorming te wyte kan wees. Verdere studie met die H-serotipes van die ander Peudomonas spesies kan moontlik lig werp op die vraag of daar ook 'n verband tussen elke spesie se H-serotipes en sy flagellre fynstruktuur asook tussen die van die verskillende spesies getref kan word. Omdat flagella so vatbaar is vir suurbeskadiging, het die gebruik van uranielasetaat sy eie probleme. Nieteenstaande dit is redelik konstante strukture verkry en die herhaling daarvan in verskillende preperate van dieselfde'H-serotipe is genoegsame aanduiding van die bruikbaarheid van hierdie kleuringstegniek. Dit is 'n vinnige metode om tussen verskillende isolate van P. aeruginosa te differensieer, maar nie met dieselfde presiesheid van serologiese metodes nie.

Sustainable Development Goals

Description

MSc, North-West University, Potchefstroom Campus

Keywords

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By