’n Prakties-teologiese besinning oor die versteuring van die luisteraksie deur persepsies en die rol van preekgesprekke as dialogisering
Loading...
Date
Authors
Kruger, Ferdi P.
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
OASIS
Record Identifier
Abstract
OPSOMING: Uit die kerklike praksis blyk dat prediking wat dikwels goed bedoel word en op biddende
wyse gelewer word, voor die hindernis van persepsies stuit wat dan verlammend op die
luisteraksie inwerk. Tussen die blote hoor van en 'n diepgaande luister na die prediking
bestaan 'n groot verskil. In die lig hiervan word die volgende navorsingsvraag vir hierdie
navorsing geformuleer: In hoe 'n mate begelei predikers hulle hoorders op 'n dialogiserende
manier in die kuns om werklik te kan luister, sodat dít wat gesê en bedoel is die hoorders
se persepsies kan beïnvloed? Ten einde hierdie navorsingsvraag te beantwoord, word die
probleemveld vanuit verskillende prakties-teologiese invalshoeke verken. Metateoretiese
perspektiewe vanuit die veld van die Sosiale Psigologie en Kommunikasiekunde word ook
gebruik om daardeur insig oor die vorming van en die selektiewe aard van persepsies te
verkry. In die ondersoek na normatiewe gesigspunte word die dialogiserende prediking
en argumentasie vanuit Handelinge 17 en 19 verken. Die navorser kom tot die konklusie
dat persepsies oor die prediker en die prediking verlammend kan inwerk en selfs daartoe
aanleiding kan gee dat hoorders die kerk verlaat. Verder is ook bevind dat dialoog voor die
preeklewering, die dialogiese gerigtheid van die prediking as deel van die liturgie van die
gemeente, asook die preekgesprekke na afloop van die prediking, daartoe kan meewerk dat
verkeerde persepsies reggestel word. Hierdeur word die gemeente 'n pratende gemeenskap
wat van diepgaande kommunikasie leef. ABSTRACT: A practical-theological reflection on the role of perceptions in the act of listening and
the importance of dialogue in discourses about sermons. From the ecclesiastical praxis it
seems that preaching faces hindrances caused by negative perceptions, regardless of the good
intentions of preachers and the interdependence between prayer and preaching. There is a vast
difference between hearing sermons and listening to sermons. In the light of this problematic
praxis, the following research question has been formulated: To what extent do preachers
equip their listeners in a dialogue situation to listen profoundly with the object to influence
the perceptions of listeners about the preacher and the preaching? In order to address this
research question, the problem is investigated by taking into account the present practical
theological vantage points concerning this field. This research field is further explored by
trying to get a grasp on metatheoretical perspectives from the fields of Social Psychology
and Communication Sciences. The author tries to investigate the difficult process of forming
perceptions as well as the selective nature of perceptions. In an investigation into normative
vantage points, perspectives from Acts 17 and 19 are explored with regard to the role of
dialogue in Paul's preaching. The researcher comes to the conclusion that negative perceptions
are indeed endangering the ecclesiastical praxis and can even cause listeners to leave the
church. Preachers should utilise dialogue in preparing their sermons; focusing on the dialogic
nature of preaching in the context of the liturgy. In addition, preachers should endeavour to
stimulate feedback after delivering of their sermons in order to rectify fallacious perceptions.
Congregations should become communities nurtured by profound communication.
Sustainable Development Goals
Description
Keywords
Citation
Kruger, F.P. 2013. ’n Prakties-teologiese besinning oor die versteuring van die luisteraksie deur persepsies en die rol van preekgesprekke as dialogisering. In die Skriflig. 47(1):1-11. [http://www.inluceverbi.org.za/index.php/skriflig]
