NWU Institutional Repository

n Rasioneel-analitiese pastorale model om pastorante in die vernuwing van denke te begelei

Loading...
Thumbnail Image

Date

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

North-West University

Record Identifier

Abstract

Onveranderde denke lei tot onveranderde optrede. Die studie het ten doel gehad om 'n rasioneelanalitiese pastorale model daar te stel om pastorante in die vernuwing van denke te begelei en vanuit 'n Christelike raamwerk die invloed van denke op ʼn persoon se gedrag te ondersoek. Die studie is aan die hand van die model van Osmer (2008) gedoen, wat die volgende take behels het. Daar is deur middel van ʼn deskriptiewe empiriese literatuurondersoek bepaal wat die effek van verkeerde denke in die gelowige se lewe is. ʼn Diepgaande interpretatiewe literatuurstudie is aangewend om vas te stel watter metodes multidissiplinêr gebruik word in die begeleiding van die vernuwing van denke. Die normatiewe aspekte is deur die eksegese van relevante Skrifgedeeltes volgens die model van Douglas Stuart (2009) bespreek om te bepaal wat die Bybelse perspektiewe op die vernuwing van denke behels. Die pragmatiese gedeelte is hanteer deur aan te toon hoe die daarsteling van 'n rasioneel-analitiese pastorale model pastorante in die vernuwing van denke kan begelei. Die deskriptiewe empiriese literatuurondersoek het ondermeer aangetoon dat skadelike denke universeel voorkom en die persoon op alle vlakke van menswees nadelig kan beïnvloed. Terselfdertyd kan gebalanseerde, konstruktiewe denke 'n teëvoeter vir faktore soos stres wees. Die interpretatiewe literatuurstudie het daarop gedui dat multidissiplinêre wetenskappe soos die neurowetenskap aangewend kan word om misleidende breinboodskappe te hanteer en dat die brein vorm- en beïnvloedbaar is, terwyl die normatiewe aspekte aangetoon het dat om God met die verstand lief te hê, beteken dat Hy nie met blinde toewyding nagevolg moet word nie, maar ook met die intellek en dat oorgawe en vernuwing van denke deel van die heiligingsproses is. 'n Rasioneel-analitiese model is voorgestel rondom die regulering van limbiese reaksies, aanvaarding (teenoor onderdrukking) van gedagtes en die rol van bewustheid. Die impak van snellergebeure, die belangrikheid van innerlike oortuigings en/of die binnegesprek is bespreek, asook die herkonstruksie van gedagtes en die uitwerking van gebalanseerde denke.

Sustainable Development Goals

Description

PhD (Pastoral Studies), North-West University, Potchefstroom Campus

Citation

Collections

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By