Religieuse identiteitskonstruksie by Christelike teologie studente in Suid Afrikaanse openbare hoër onderwys: 'n Prakties-teologiese studie
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North West University
Record Identifier
Abstract
Identiteitskonstruksie is ʼn lewenslange deel van menslike ontwikkeling en funksionering. Die veelvoud van ruimtes waarin mense hulself bevind en hulle geleefde ervaringe in daardie ruimtes het ʼn invloed op identiteitskonstruksie en werp lig op die komplekse, meervoudige en sistemiese aard van identiteit. Vanuit ʼn teologiese perspektief word die vraagstuk van identiteit onder andere verbind aan antropologie. Teologiese antropologie vra hoekom, wie en hoe mense in verhouding tot God is en op watter wyse die mens- God verhouding hulle verhouding met hulself, medemense, die breë kosmos en alledaagse lewe beïnvloed. Ernst Conradie (2005) verbind teologie aan identiteitskonstruksie en argumenteer dat Christelike teologie ʼn voortdurende gesprekvoering oor Christelike identiteit is. Die veronderstelling is dat studente in teologie aan Suid-Afrikaanse openbare hoëronderwysinstellings op ʼn direkte en indirekte wyse blootgestel word aan hierdie voortdurende gesprekvoering oor Christelike identiteit in ʼn konteks van pluraliteit. Die verwagting is dat studente aan Suid-Afrikaanse openbare hoër onderwysinstellings aan die hand van teoretiese raamwerke en kritiese gesprekvoering toegerus behoort te word om hulleself te posisioneer en te navigeer in ʼn hedendaagse konteks van pluraliteit en diversiteit. Hierdie studie fokus op Christelike teologie studente met spesifieke verwysing na hul religieuse identiteitskonstruksie en op watter wyse praktiese teologie soos ingelig deur David Kelsey se teologiese antropologie, perspektiewe kan bied op teologie studente se Christelike identiteitskonstruksie in openbare hoëronderwysomgewings. David Kelsey se teologiese antropologie, en in besonder sy teosentriese verstaan van menswaardigheid, word veral in hierdie studie as teologiese hulpbron ingespan
Sustainable Development Goals
Description
Verhandeling voorgelê ter nakoming van die vereistes van die MTh-kwalifikasie in Pastorale Studies aan die Noordwes Universiteit.
