Die toepassing van 'n nifedipien-2-hidroksiepropiel-β-siklodekstrien insluitingskompleks vir die ontwikkeling van parenterale doseervorme
Loading...
Date
Authors
Researcher ID
Supervisors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
North-West University
Record Identifier
Abstract
Die siklodekstriene en hulle derivate het unieke ringvormige strukture wat hulle geskik maak vir die vorming van insluitingskomplekse met 'n verskeidenheid geneesmiddels. Hulle word veral in die farmasie gebruik om die biobeskikbaarheid, oplosbaarheid en stabiliteit van geneesmiddels te verhoog. Die derivate van beta-siklodekstrien, veral 2- hidroksiepropiel-beta-siklodekstrien, beskik oor beter oplosbaarheids-eienskappe as die natuurlike siklodekstriene en is hierbenewens ook minder nefrotoksies en hemolities. Hulle hou dus groot potensiaal in vir die formulering van geneesmiddels in parenterale doseervorme. Verskeie metodes vir die bereiding van geneesmiddelsiklodekstrienkomplekse word in die literatuur beskryf, waaronder die vloeistofvloeistofmetode die geskikste metode blyk te wees. Vries- en sproeidroging word algemeen gebruik om geneesmiddel-siklodekstrienkomplekse te isoleer vir identifikasie, analise en heroplossing. Verskeie metodes word ook gebruik vir die bestudering en beskrywing van die eienskappe van geneesmiddel-siklodekstrienkomplekse waaronder X-straalpoeierdiffraksie, fase-oplosbaarheidsdiagramme, kernmagnetiese resonansspektrometrie, en differensiele skanderingskalorimetrie die bekendste is. Nifedipien, 'n kalsiumkanaal antagonis, is 'n tipiese geneesmiddel wat swak wateroplosbaar is, en vinnige fotochemiese afbraak ondergaan. Hierdie eienskappe van nifedipien maak dit prakties onmoontlik om 'n stabiele waterige oplossing van nifedipien vir inspuiting te formuleer. Die voordele wat 'n parenterale doseervorm kan inhou, is van groot waarde veral ten opsigte van die biobeskikbaarheid en tempo van werking en die verspreiding daarvan in gehospitaliseerde pasiente. In hierdie ondersoek is daar 'n insluitingskompleks van nifedipien met 2- hidroksiepropiel-beta-siklodekstrien berei, en die invloed daarvan op die oplosbaarheid en stabiliteit van nifedipien ondersoek. Uit die ondersoek blyk dit dat die wateroplosbaarheid van nifedipien dramaties verhoog is, naamlik van ongeveer 6, 1 tot 261,4 µg/ml (0,0176 M tot 0,7548 M) by 'n 0,3846 M 2-hidroksiepropiel-betasiklodekstrienkonsentrasie. Op grond van hierdie resultate is dit wel moontlik om 'n waterige inspuiting met 'n dosis van 1 mg/5 ml te formuleer indien dit teen fotochemiese afbraak gestabiliseer kan word. 'n Stabiliteitsondersoek in deursigtige en amberglasampulle, onder verskillende ligtoestande is uitgevoer. Daar is gevind dat 2-hidroksiepropiel-beta-siklodekstrien nie die stabiliteit van nifedipien in deursigtige glasampulle vookom. Veranderinge in die ultravioletspektraaleienskappe, massaspektra, infrarooispektra, DSC-termogramme en X-straal poeierdiffraksiepatrone van nifedipien is gebruik om die insluitingskompleks van nifedipien met 2-hidroksiepropiel-beta-siklodekstrien te beskryf en aan te toon. Die resultate van hierdie ondersoek, tesame met die dramatiese verhoging in die wateroplosbaarheid van nifedipien na kompleksering met 2- hidroksiepropiel-beta-siklodekstrien toon duidelik aan dat molekulere interaksie tussen nifedipien en 2 hidroskiepropiel-beta-siklodekstrien bestaan.
Sustainable Development Goals
Description
Thesis(M.Sc. (Pharmaceutics))--Potchefstroom University for Christian Higher Education, Potchefstroom campus, 1994.
