NWU Institutional Repository

"Om die fakkel verder te dra": Die rol van die jeugvleuel van die Ossewa-Brandwag, 1939-1952

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Du Pisani, Jacobus Adriaan
Blignaut, Charl

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Historical Association of South Africa

Record Identifier

Abstract

Die Ossewa-Brandwag (OB) was die grootste van 'n aantal nasionalisties-politiese bewegings wat onder Afrikaners in Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlogtydperk bestaan het, en wat na nasionaal-sosialisme geneig het. Hierdie artikel handel oor die rol van die OB se jeugvleuel, wat aanvanklik as die Jeugfront, en later as die Boerejeug bekendgestaan het. Die oorsprong, stigting, doelstellings, organisasie en aktiwiteite daarvan word in meer besonderhede bespreek. Alles was gerig op volksdiens in belang van die Afrikanervolk. Van die middel van die 1940's af, het die Nasionale Party (toe bekend as die Herenigde Nasionale Party) die politieke steun van al meer Afrikanernasionaliste verkry, ten koste van die OB. In 1948 het dié party die parlementêre verkiesing gewen en die nuwe regering geword. Aangesien die OB sy bestaansrede verloor het, is dit (insluitend die jeugvleuel) in 1952 ontbind. Gedurende die kort bestaan van die Boerejeug, het dit, ten spyte van goeie leierskap en deeglike organisasie, nooit daarin geslaag om sy ideale op groot skaal te verwesenlik nie, aangesien veranderende omstandighede dit nie toegelaat het om die populêre volksbeweging te word wat dit gestig is om te wees nie. Daardie eer het die Nasionale Party en sy geaffilieerde organisasies te beurt geval. Die nalatenskap van die OB en sy jeugvleuel, veral die republikeinse ideaal, het egter bly voortbestaan in die ideale van die Nasionale Party en het versmelt in die breë stroom van seëvierende Afrikanernasionalisme.

Sustainable Development Goals

Description

Keywords

Citation

Blignaut, C. & Du Pisani, J. 2009. "Om die fakkel verder te dra": Die rol van die jeugvleuel van die Ossewa-Brandwag, 1939-1952. Historia, 54(2):133-157, Nov. [http://content.ajarchive.org/cdm4/index_0018229X.php?CISOROOT=/0018229X] [http://www.journals.co.za/ej/ejour_hist.html]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By