Show simple item record

dc.contributor.advisorKruger, D.
dc.contributor.authorVan der Merwe, Liesl
dc.date.accessioned2009-02-18T06:12:36Z
dc.date.available2009-02-18T06:12:36Z
dc.date.issued2005
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10394/857
dc.descriptionThesis (M.Mus.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2005
dc.description.abstractDie danse in die B mineur-suite is onafhanklike instrumentale musiek, maar dit is so dansmatig dat sommige van die danse, soos die menuet, we1 as begeleiding vir die danspassies kon dien. Die titel rondeau verwys egter eerder na die vorm as dat die dans kenmerke van die primitiewe rondeau het. Die danstitels gee duidelike riglyne oor die atmosfeer en karakter van die dans, hoewel daar ook ander faktore soos toonsoort, intervalle, dissonante, tempo-aanduidings en instrumentasie is wat leidrade gee oor die heersende affek. Die interpretasie van die danse word grootliks deur die heersende affek bepaal. 'n Karaktereienskap van die rondeau is die terugkerende tema, en 'n karaktereienskap van die gavotte is die opslagmaat. 'n Gavotte se affek is jubelende vreugde, 'n rondeau se affek is vrolik en lewendig, en die toonsoort B mineur is hartseer. Daarom behoort die tempo tussen 72 en 88 vir 'n halfnoot te wees sodat die tweeslagmaat steeds duidelik bly en dit nie soos vierslagmaat voel nie. Hoewel non legato die standaardartikulasie in die Baroktydperk was, kan die agstenote in pare van vier saamgegroepeer word om die tweeslagmaat te beklemtoon. Die rondeau-tema word uitgelig deur die artikulasie van twee kwartnote onder een artikulasieboog. Die ornamentasie in die rondeau is meestal aangedui. 'n Paar mordente kan, ter wille van afwisseling en om die hoofpolse te beklemtoon, op die halfnote in die rondeau-tema ingevoeg word. Die sarabande is van Spaanse oorsprong en was vroeer 'n onbetaamlike en vinnige dans. In Bach se tyd was die sarabande egter ekspressief, melankolies, waardig, ernstig en selfs geestelik. Die tempo van die sarabande is stadig en gewigtig om sodoende die melankoliese affek te bewerkstellig. Die mees aangehoue en swaarste aanslag is gepaste artikulasie vir die sarabande. Die unieke ritmiese organisasie van die sarabande het tot gevolg dat die klem gereeld op die tweede polsslag in die maat val. Die tweede polsslag behoort deur middel van artikulasie geaksentueer te word. Die bourree is 'n kragtige, vreugdevolle en lewendige volksdans wat matig vinnig uitgevoer behoort te word. Die goed gedefinieerde artikulasie verleen aan die bourree sy unieke karakter. Die metrum is tweeslagmaat, wat die artikulasie ligter maak en in halfnootpolsslae saamgroepeer. Daar kom enkele Schneller en 'n kadensiele bohulpnoottriller voor. Die lewendige affek maak bykomende ornamentasie oorbodig. Die polonaise is 'n statige, seremoniele en militgre Poolse dans met adellike sjarme in enkelvoudige drieslagmaat met 'n stadige tempo-aanduiding (lentement), die enigste tempo-aanduiding in die B mineur-suite. Die artikulasie behoort skerp te wees om die kenmerkende polonaise-ritme, wat op die polsslag begin, te beklemtoon. Die appoggiaturas en die afsluitingsnote gee leidrade dat trillers op sommige van die gepunteerde agstenote op die derde polsslag ingevoeg kan word. Daar kom ook kadensiele trillers, Schneller en kort appoggiaturas voor om die majestueuse affek van die polonaise te beklemtoon. Die double van die polonaise is die dans waar die rol wat instrumentasie op affek speel die duidelikste na vore kom. In die double is dit slegs die melodiese basso continuo (luit, teorbe, harp, lirone, sister, spinet, chitarrina, pandora en soortgelyke instrumente) wat saam met die fluit speel (Arnold, 1961:68). Die tjello was vir orkesmusiek die vanselfsprekende keuse (Donington, l963:269). Die tjello gee 'n swaarmoedige en soet affek aan die double. Bach se menuette behou gewoonlik 'n kalm, elegante, matig vrolike karakter met melodiese eenvoud en subtiele ritmiese nuanses. Daar behoort net een polsslag per maat te wees en die menuet moet eerder 'n 614-gevoel kry as 'n 314-gevoel. Hierdie menuet het 'n melankoliese ondertoon vanwee die B mineur-toonsoort. Om die affek van sjarme en grasie goed na vore te bring, behoort die gevarieerde groepering van legato-agstenote, afgewissel met staccato-agstenote, duidelik geartikuleer te word. Die appoggiaturas in die menuet word lank uitgevoer om die melankoliese ondertoon te ondersteun. Die trillers het meestal deurgangsfunksies en word dus as Schneller uitgevoer. Die kadens kan deur Schnellerversier word. Die badinerie is 'n grappige, skertsende, tergende karakterstuk wat in die B mineursuite voorkom. Die affek is vrolik en lewendig en daarom word die artikulasie so lig as moontlik uitgevoer en is die tempo baie vinnig. Die trillers is non-akkoordnote en word daarom kort en vinnig as Schneller uitgevoer. Die oneindige aantal reels kan soms die inherente speelsheid van die Baroktydperk onderdruk. Barokmusiek moet die luisteraars meesleur en emosioneel raak. Artikulasie, ornamentasie, tempo en artikulasie was deel van die omvang van tegnieke om dit te bewerkstellig (Brown & Sadie, 1989:17). Soos dit in hierdie studie duidelik geword het, kan die historiese bronne lig werp op die interpretasie (affek, tempo, artikulasie en ornamentasie) van die Barokdanse in die B mineur-suite. Daar is egter nog ruimte vir verdere studie oor al die ander Barokdanse wat vir ander houtblaasinstrumente en in ander grade deur UNlSA voorgeskryf word. Die historiese uitvoeringspraktyk van Barokdanse wat vir instrumente wat nie Barokinstrumente is nie (soos klarinet en saksofoon) verwerk word, kan nog onder die loep geneem word. Die betroubaarheid van uitgawes is 'n verdere belangrike kwessie met betrekking tot die interpretasie van Barokdanse wat nog ondersoek kan word.
dc.publisherNorth-West University
dc.titleDie interpretasie van J.S. Bach se B mineur-suite, BWV 1067, soos voorgeskryf in die 2001-Unisa-houtblaasleerplanneafr
dc.typeThesisen
dc.description.thesistypeMasters


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record